advertisement
Question
Posted by: Yana | 2006/04/19

Seer spiere in kuite

My spiere in my kuite maak knoppe soos krampe maar dis nie seer in die dag nie. Saans hou dit my uit die slaap want dit is 'n lam, lewelose gevoel wat ek in my bene kry. As ek hard daaroor vryf is dit pynlik en hard. Help asb.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageHealthy Bones

Betse Yana
Dit klink asof jy dalk "restless leg syndrome" het, veral na aanleiding van die feit dat dit jou saans wakker hou. Daar is ongelukkig nie 'n klinklaar opossing nie, maar baie pasiënte vind baat by magnesium en folaat supplementasie. Yspakke kan ook werk. Sny kaffeien, alkohol en tabak uit. 'n Slaapmiddel/ligte anti depressant kan jou help om beter te rus wat blykbaar ook die simptome op die lang duur kan verlig. In werklike erge gevalle word anti-Parkisons en anti -epilleptiese medikasie ook gebruik. 'n Besoek aan jou dokter is ook nodig om ander oorsake uit te skakel. Vir meer inligting oor hierdie sindroom, kan jy die National Institute of Neurological disorders and Stroke se webtuiste besoek.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Healthy Bones | 2006/05/04

Best Yana
Pasiënte het al gekla dat hulle gewig optel van hulle anti-epileptiese pille, maar dit wissel natuurlik van pasiënt na pasiënt.

Reply to Healthy Bones
Posted by: Yana | 2006/04/23

Dankie vir die antwoord. Ek drink reeds anti-epilleptiese pille nl. Rivotrill 2 mg. Dit het in die begin gehelp, maar help nou nie meer nie - vir die pyn in my bene en slaaploosheid. My huisdokter sê hy kan nie die dosis vermeerder nie. Dit is waarom ek gewonder het of daar nie iets anders is wat kan help nie. Kan hierdie pille 'n mens vet maak of die kans om gewig te verloor verminder? Ek is 57 en redelik gesond andersins.
Dankie vir wat julle doen.
Yana

Reply to Yana

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement