advertisement
Question
Posted by: Amanda | 2007/06/06

Seer ribbes 2

Haai Dr

Ek was toe by my Dr nadat ek verlede week n woeste skop teen my ribbes gekry het. Sy het gese die spiere is baie erg gekneus en daar was bloeding. Sy het ook gese ek moet so min as moontlik doen. Ek het al n paar dae die lae rugpyn. Ek worry n bietjie omrede ek het een nier het. En ek is op die kant geskop waar my nier sit. Dis so n lam klop wat ek ervaar. Is dit miskien net die spiere of kon die skop iets gedoen het? Waarna moet ek uitkyk?

Baie dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Amanda
Kyk na jou urine se kleur - as dit donker of rooi is, en as jy min urine uitskei ten spyte daarvan dat jy genoeg water drink moet jy liewer dat hulle die urine toets en ook 'n UKE bloedtoets neem om te kyk of jou nier nie gekneus is nie. Darem sit dit onder die ribbes en word baie mooi beskerm deur die vetjies om die nier.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Amanda | 2007/06/06

Skuus Dr

Ek wil net nog iets noem. Ek is meer na die agterkant geskop as voor (nier gedeelte) Maar die pyn gaan tot in my heup en my lies. Seer as ek op die regterbeen trap. Kry n skerp pyn in die gedeelte waar jou blindederm sit. En dan skiet die pyn tot in my skouer blaai in. Veral as ek n bietjie te veel loop... (minder as normaalweg). En my ribbekas aan die regterkant voel of dit opkramp... Dit is baie frustrerend omrede ek nooit so sukkel met pyn nie.

Baie dankie vir U tyd...

Reply to Amanda

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement