advertisement
Question
Posted by: Twanette | 2004/11/02

Seer Binne

Ai van gister af is ek al weer so af, ek mis my twee seuns verskriklik baie. Die oudtste skryf nou sy finale graad 8 eksamen en ek wens so ek kon daar wees vir hom. Ek mis my jongste seuntjie (7) se warm lyfie toegewikkel in 'n handoek na 'n heerlike bad in baba olie.

Ek het as gevolg van 'n egskeiding wat kwaai skeef geloop het 3 jaar terug (toe was die jongste 3) belsuit dat dit beter is as die kinders my my man gaan woon.

Hy het die wereld vir my baie warm gemaak en ek sou nie die twee seuns om my eie kon groot maak die.

Dit was 3 jaar terug my kersgeskenk aan hulle want ek was oortuig dat hy beter agter hulle sou kon kyk as ek. Die vierde kersfees sonder hulle is op pad en ek dink dit maak dit seker maar moeiliker.

In elk geval ek soek nie eintlik raad nie wou maar net die seer deel met die wat sal verstaan, baie sal nie verstaan nie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberShrink

Is there any chance of revisiting that 3-year-old decision, and discussing it with your Ex, at last with a view to allowing them some more time on visits with you, including some of Christmas ?

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

17
Our users say:
Posted by: V | 2004/11/02

Twanette. Kan jy nie 'n reeling met jou eks maak dat jy hulle op kersdag vir net 'n paar uur kan kry nie? Anders as jy die dag voor kersfees of die dag na kersfees hulle eers kan kry, of wanneer ookal, reel dan dat julle 3 julle eie kersdag hou, mens hoef nie kersfees net op die 25ste te hou nie.

O ja, en jy het in jou situasie gedoen wat beste is vir jou kinders en nie jouself nie, moet jou nie steur aan mense wat se jy het jou kinders weggegee nie, wees net altyd daar vir hulle en wees lief vir hulle. Sterkte vir vandag en altyd.

Reply to V
Posted by: Twanette | 2004/11/02

Dankie jule almal.

Ek voel sommer al klaar beter, en gaan hulle albei sommer vanmiddag na skool bel en vertel hoe lief ek vir hulle is.

Ek sien hulle die naweek en kan nie wag om bietjie tyd saam met hulle te spandeer nie.

Julle is almal wonderlik!!!

Reply to Twanette
Posted by: lady nina | 2004/11/02

toe maar ek gaan jou nie weer veroordeel nie....

ek voel regtig jammer dat jy vandag n afdag het, kan jy nie dalk vra dat hulle die kersfees saam jou deurbring nie?

my ex kry die jaar die kinders en hulle sien vreeslik uit daarna en ek het reeds reelings gertref sodat ek nie in depressie verval nie

hoekom koop jou nie n jounaal en hou rekort van wanneer jy julle mis en oor jou gevoelens -jy kan dit dalk eendag met hulle deel sou hulle jou wonder hoekom jy hulle by pa gelos het
om n dagboek te hou van gevoelens help baie as n mens moet cope maar niks aan die omstandinghede kan doen nie

sterkte

nina

Reply to lady nina
Posted by: lulu | 2004/11/02

Ek dink ook dit was braaf. Ek wonder of die vrou in die Bybel wat eerder haar baba vir die ander vrou gegee het as om Koning Salomo toe te laat om hom in die middel deur te sny ook so slegte ma was?

Kinders is nie speelgoed nie. Ook nie 'n bargaining tool nie. Hoe meer mense dit besef soos Twanette, hoe makliker sal die goedjies cope wanneer ouers skei.

Reply to lulu
Posted by: JLS | 2004/11/02

Hi Twanette

Ek verstaan hoe jy voel. Met my egskeiding het ek en my eks man ons seun gevra waar hy wil bly, ons wou nie tou trek oor die kind nie. En ek het geweet dit sal die beste wees as hy by sy pa bly. Hy het sy pa gekies,hy was 6 jaar oud gewees. Ek het sy keuse aanvaar. En ja ek het geweet dit gaan beslis nie maklik wees nie.

Ons het besluit as die seun 12 word dan kan hy na my toe kom,ek is weer getroud en my seun en nuwe man kom goed oor die weg....beter as hy en sy eie pa, Hy kom volgende jaar by ons bly.

Ek sien my seun elke tweede Kersfees,en as die eks nie n vakansie af kan kry by die werk nie,dan kom hy na my toe,asook sien ek hom elke derde naweek,of as hy sy pa vra of hy by my kan wees.

So ja dit is nie maklik die besluit wat jy geneem het nie,,,dit sal nooit maklik wees nie. Maar doen net jou beste vir jou kinders as hulle by jou is,onthou geld en aardse goed kan nie die liefde van jou seuns koop nie,hulle sal wel later agter kom respek en liefde is veel meer werd as die ander goed.

Hoekom vra jy jou eks nie of julle die vakansies kan deel nie?? en wat staan in jou egskeidings kontrak, hulle kon nie heeltemal jou kinders weg gevat het nie...Behalwe as jy hulle afgeteking het. Gaan jou hof bevel na,en kyk of jy daarop kan aandring op besoek regte met jou seuns.

Sterkte
JLS

Reply to JLS
Posted by: ec | 2004/11/02

Haai Twanette - wil net se ek dink dit was flippin braaf om te doen wat jy gedoen het. Jy het vir jou kinders beter gegee as wat jyself kon doen! Dis LIEFDE!! As meer vroue dit dalk gedoen het vir hulle kinders was daar dalk minder kinders (en vroue)met probleme (hier kom die klippe my kant toe!) Hoekom dink ons mans het nie die vermoe om ook mooi na hul kinders om te sien nie? Mooi bly en sterkte hoor!!

Reply to ec
Posted by: lulu | 2004/11/02

Nou dan is ek bly dat hulle goed versorg word en gelukkig is. Moet ook nie sleg voel omdat jy hulle mis al is hulle gelukkig nie. Dit beteken net vir my dat jy baie lief is vir hulle. As jy hulle nie gemis het nie, sou ek gewonder het...

Sterkte met Kersfees. Probeer om nie so hard op jouself te wees nie. Die besluit was vir jou bitterlik moeilik, maar het goed uitgedraai vir hulle. Dis die belangrikste.

Reply to lulu
Posted by: Sherry | 2004/11/02

Sorry My afrikaans is not so good;

But my husbands kids stay with us and at least you see your kids my husbands ex doesnt even do that and they really miss her she always tells them that she is working and cant see them.
So please dont feel bad you make the effot and know your kids their are moms out there who really dont
good luck

Reply to Sherry
Posted by: Twanette | 2004/11/02

Lulu

Ek sien hulle gereeld dis net dat Kersfees my laat onthou aan die dag toe ek die moeilikste besluit in my lewe moes neem, terwille van my kinders.

Soos ek reeds gesê het dis maar net die moederinstinkte wat so af en toe my oorweldig dan mis ek die klein dingetjies.

Hulle is baie oulik en bo gemiddeld slim, kry onderskeidings in van hulle vakke wat vir my sê hulle is baie gelukkig, en dit help om te weet daar word mooi agter hulle gekyk en hulle kort absoluut niks in die lewe nie, ek gesels gereeld met hulle oor die foon en ons naweke saam is wonderlik!

Dit is maar net bietjie leeg so af en toe binne in my en ek moet daarmee saamleef.

Reply to Twanette
Posted by: Beyond Tired | 2004/11/02

Hi Twanette,
Ek is jammer oor jou seer en ek glo dit was moeilik om jou kinders af te staan. Mag ek net by se, so lank jy kan, moet nooit jou kinders teleurstel wanneer hulle wel na jou te kom, moet nooit se jy gaan hulle kom haal nie en jy doen dit nie.

My Ma het vir my en my sussie afgeskryf tot sy besluit het ons is goed genoeg om haar weer te sien. Sy het ons met niks gelos nie, nie eers 'n kombers nie. Toe ek uiteindelik by haar gebly het, het my Pa tale male vergeet om my te kom haal of die laaste minuut gekanseleer. Dit het my stukkend gemaak. Moet dit asseblief nie aan jou kinders doen nie, moet nooit jou woord breuk nie.

Ek wens jou sterkte toe en hoop jou seer word net beter, mag die tye wat jy met jou kinders deel net vol vreugde wees, elke oomblik saam met hulle sal jou hart vol maak, geniet die tye en leef vir dit.

Mooi bly en sterkte.

Reply to Beyond Tired
Posted by: lulu | 2004/11/02

Twanette,

Ek is jammer jy voel seer vandag. Ek het ook twee seuns en my jongste is ook 7. Ek weet nie die detail agter jou redes hoekom jy jou seuns laat gaan het nie, maar ek verstaan jou seer. My sussie het haar twee kinders ook so afgestaan. Dit maak nie van jou 'n slegte ma nie en daardie wete maak ook ongelukkig nie die gemis beter nie.

Hoe is die skikking opgestel dat jy nie jou spruite met Kersfees kan sien nie? Nie eers elke tweede Kersfees nie?

Reply to lulu
Posted by: Twanette | 2004/11/02

Ek sien my kinders elke tweede naweek, en bly 'n klipgooi van hulle af.

Wat ek werklik mis is die dag tot dag vreugdes en seerkry, om daar te wees as hulle val en 'n "pleistertjie" en soentjie op die wonde te sit, en traantjies af te vee.

Moet nie 'n fout maak nie hulle is baie gelukkig by hulle Pappa en daar word baie goed na hulle gekyk.

Dis net my seer wat so af en toe te veel word om alleen te dra.

Reply to Twanette
Posted by: CP MOM | 2004/11/02

Soos julle weet is my dogtertjie aangeneem en ek wonder ook altyd hoe voel haar ouers oor kerstyd en haar verjaarsdae.... dit moet 'n baie groot hartseer en pyn wees.....

Vrou is jy nog in PE ?

Kan jy nie nader trek aan hulle nie ?

Sterkte *drukkie*

Reply to CP MOM
Posted by: C | 2004/11/02

Hoe kan enige mens iemand oor so iets oordeel?? Niemand weet wat in iemand anders se lewe aangaan nie. Niemand het die reg om n ander persoon se seer net erger te maak nie.
Die persoon wat sê n mens skrop eerder toilette of kry 2 werke is heel waarskynlik iemand met n "perfekte" lewe wat nog nooit swaar gekry het nie. En sy het nie haar kinders weg gegee nie, hulle is by hulle pa, nie vreemdelinge nie. Sy het die beste probeer doen vir haar kinders, ten spyte van al die seer.
Ek kan verstaan wat se seer sy moet deur gaan. Dit moes n baie moeilike besluit gewees het.
Mag die Here jou seer raak sien en jou toevou in Sy Hand en jou beserm teen mense wat die seer net erger maak.

Reply to C
Posted by: Adam | 2004/11/02

Ek kan Twanette verstaan.
Ek is 'n pa wat ongelooflik baie sukkel met die afdwing van my toegangsregte tot my kinders en sonder om op die meriete van 'n enkele geval kommentaar te lewer, dink ek dat alle ouers die gebruik moet staak om mekaar by te kom deur middel van hul kinders. Ek sien dikwels die tragiese nagevolge by kinders - selfs jare, 20, 30, NA die tyd.
Mag rede en redelikheid ook hier seevier.

Reply to Adam
Posted by: Twanette | 2004/11/02

Dis reg, jy sal nie verstaan nie.

Ek is reeds baie gestenig dis waarom ek nie gevra het vir raad nie, wou maar net die seer deel.

Ek dra dit self dis net nie altyd maklik nie.

Laat die wat SONDER sonde is die eerste klip gooi

Reply to Twanette
Posted by: 'n Ma | 2004/11/02

Ek wil nie hier gestenig word nie maar ek sal in my dag des lewens nooit kan verstaan hoe 'n mens jou kinders weggee nie vir geen rede op hierdie aarde nie. Al moet jy 2 werke doen of toilete uitskrop maar jy gee nie jou kinders weg nie.

My hart gaan uit na jou pyn maar dit is iets wat jy kon verhoed het geen man sal my kinders wat uit my lyf uit kom en myne is van my af weg vat nie.

Ek sal tot in die verste kleinste dorpie gaan, my afsny van my familie as ek moet maar my kinders sal ek nie weggee nie.

Jy't hierdie besluit geneem en jy sal moet leer om met jou keuses saam te leef.

Reply to 'n Ma

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement