advertisement
Question
Posted by: Kleintjie | 2004/10/12

Sclerosis en ander?

Hello Dokter

Ek het die uitslag van my ekstraal plate gekry en het nie 'n idee wat dit beteken, die dokter het ook nie verduidelik. Daar is redelikige goed wat se normaal, so ek sal dit nie lys nie, maar wat beteken die volgende
Lunbale werwels en pelvis
- Sklerose van S1 gewrigte is teenwoordig (Is dit MS)
- Vernouing van L3/L4 diskusspasie na links

Gevolgtrekking
- Dorsale osteopenie is teenwoordig met tekens van spierspasma
- Diskus herniasie kan nie uitgeskakel word nie
- Lumbaal is hier geringe skoliose konkaaf na links teenwoordig
- Die L3/L4 en L4/L5 diskusspasie gering na links vernou
- Degeneratiewe sakro iliitis is bilateraal teenwoordig

Ek is 30 en het reeds 2 kinders gehad
Dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Kleintjie,
- Dorsale osteopenie is teenwoordig beteken dat daar ¡¥n verlaging in been digtheid is.
- Diskus herniasie kan nie uitgeskakel word nie beteken dat hulle nie met sekerheid kan sê dat die kussinkie tussen die verwels nie uitbult nie.
- Lumbaal is hier geringe skoliose konkaaf na links teenwoordig betken dat dit daar ¡¥n geringe buiging na regs is in die onderste deel van die rug.
- Die L3/L4 en L4/L5 diskusspasie gering na links vernou beteken dat die spasie tussen die 3e & 4e en 4e & 5e werwels effens vernou is aan die een kant wat beteken dat die rug effens na regs gebuig is
- Degeneratiewe sakro iliitis is bilateraal teenwoordig beteken dat daar inflammaie van die bekken gewrigte aan die agter kant is.
Als en als lyk dit nie te ernstig nie en is daar waarskynlik net rugspierspasma. Laat weet maar as jy nog vrae het. Sterkte.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

4
Our users say:
Posted by: Anonymous | 2016/03/28

Hi ek het uitslag van my X-strale gekry. verduidelik asb die volgende: Lumbale fasetartrose met n graad 1 retrolistese L3/4 vlak. Degeneratiewe veranderinge van die sakro-koksigeale aansluiting. Ek kan nie te lank sit of staan nie en ervaar pyn in laer rug en regter bo-been. as ek te veel beweeg of te lank sit.

Reply to Anonymous
Posted by: Berenice | 2016/02/03

Hi ek het vir n ct scan gegaan en dit se, die 2SI gewrigte toon dan geringe asimmetrie. Regs en in n mindere mate links is hier vakuolisasie teenwoordig. Geringe subkondralesklerose veral in verhouding tot di linker SI gewrig aan die ileum kant. Die gewrigspleet is relatief behoue. Wat beteken dit?

Reply to Berenice
Posted by: elize | 2014/01/29

Hi ek het my xstrale gekry en het gewonder wat die volgende beteken lumbaal skoliose konveks na links met n mate van rotasie element En faset gewrigs artrose bilateraal op die vlak l5-s1 sigbaar met gewrigsvernouing en sklerose.

Reply to elize
Posted by: Lynne | 2013/07/13

Ek sal dit waardeer as u vir my die volgende kan verduidelik. Ek is 58 jarige pasient met nekpyn wat verwys na die regter blad en regter arm. Serviskoliose is teenwoordig en graad 1 spondilotiese anterolistese by T2/T3. Veelvlak servikale diskusdegenerasie veral by C5/6 en C6/7. Diffusie annullere builting by C5/6 ens. Vroee marginale osteofiete is by C6/7 teenwoordig. Annulere builting by T2/3. Strek tot teenh die ventrale aspek van die koord. Die dokters verduidelik nee eintlik wat dit alles beteken nie en gelukkig is daar nie 'n senuwee wat hier vasknyp nie. Kan miskien wel in sleutelbeen of by elmboog wees,maar ek weet nog nie. Sal ekstra kalsiumaanvulling help vir degenerasie? Baie dankie..

Reply to Lynne

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement