advertisement
Question
Posted by: Suzi | 2007/03/15

Scheuermann's sindroom

My dogter van 15 jr het onlangs rugpyn begin kry. Die eerste geval was so 6 maande gelede sonder dat sy enige oefening gedoen het. Dit het sporadies weer gebeur, veral na oefening . Onlangs het sy na 'n tennisoefening erge pyn in haar lae rug gehad en kon nie sit of op haar regterbeen trap nie. Ons huisdr het x-strale laat neem en dit as Scheuermann's gediagnoseer. Hy het aanbeveel dat sy kan aanhou tennis speel, maar moet ophou oefen sodra sy enige pyn ondervind.Ek is bekommerd dat sy haar rug permanent kan beskadig. Sou u saamstem dat sy kan aanhou oefen?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageHealthy Bones

Beste Suzi
Enige oefening is goed en sy kan beslis voortgaan met haar tennis. Ek sou ook voorstel dat sy bykomende maag- en rugspierversterkende oefening bydoen om te help met haar postuur. Pilates oefeninge is 'n goeie opsie..
Maak ook seker by jou dokter of dit Scheuermans kyphosis of Juvenile disc disorder is (dit klink meer vir my na laasgenoemde). Gaan kyk so 'n bietjie op die Spine-Health webwerf vir meer inligting hieroor.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement