advertisement
Question
Posted by: Wilniedrinknie | 2004/01/26

Rooiwyn of 'n sopie whisky

Daar word gesê dat 'n glasie rooiwyn of 'n sopie whisky met water help om colhestrol , hoe bloedruk en hart siektes te beheer of te voorkom. Is dit waar en wat in die rooiwyn of whisky help? Sal die Rooiwyn of whisky nie meer kwaad doen as wat dit gaan goed doen nie?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Wilniedrinknie, matige alkohol gebruik (1-2 sopies ‘n aand) mag to ‘n verlaging in bloeddruk en selfs cholesterol vlakke lei. Daar is verskeie studies gedoen wat dit bewys, maar ek is nie seker presies watter stowwe (behalwe die alkohol self) dit doen is nog nie almal bepaal nie. Van die stowwe is al geïdentifiseer, maar ek sal die name daarvan moet gaan opsoek. As jy regtig belang stel, laat weet my as ‘n nuwe vraag en ek sal kyk of ek dit kan vind.
Dit als gesê, die voordele van ‘n sopie ‘n aand is nie so groot dat ‘n mens ‘n geheelonthouer sal aanbeveel om te begin drink nie. Daar is geneesmiddels wat baie kragtiger werk en nie so baie newe effekte het nie. Sterkte.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement