advertisement
Question
Posted by: Bekommerd | 2007/03/28

Ringspier pyne

Met tussenposes van enkele dae kry ek werklik kwaai pyn in my ringspier. Dit is hewig en ek drink pynverdower. Ek vertel dit vir niemand, en wil nie 'n dokter gaan sien nie, want dit is 'n verleentheid. Dit is asof dit (gelukkig) nie lank hou nie, en ek weet nie hoe reg ek is nie, maar dit is asof die spier 'n kramp kry. Elke aand beloof ek myself om die volgende dag 'n doktersafspraak te maak. en stel dan uit en uit en uit. Kan dit ernstig wees?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Bekommerd
Dit het 'n properse mediese naam: Proctalgia fugax
"n Warm sit bad kan help. Klonidien pilletjies, aangesmeerde nitrogliserien ( adalat kapsules stukkend gemaak) en botox inspuitings mag help. Ek sou 'n gastro enteroloog gaan sien as ek jy was.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: nou minder 'Bekommerd' | 2007/03/28

Dok, jy's 'n ster!
Die naam 'Bekommerd' wat ek gebruik het, is lig gestel:-) en hier kom jy en gee dit 'n naam. Jy stuur nie 'n ambulans nie, maar sê wat ek moet doen op 'n manier wat my 'n rustiger nag gaan besorg. En môre maak ek 'n afspraak met 'n gastro enteroloog (weet nie of ek al ooit daardie titel gehoor het nie).
Daar moet 'n vakansiedag ter ere van jou ingestel word:-)

Reply to nou minder 'Bekommerd'
Posted by: cv | 2007/03/28

'n Pyn , vertel die liggaam gewoonlik 'n mens daar is iets fout met die lggaam.Dokters is opgeleide mense en dit is allerdaags vir hulle om mense te ondersoek, moet dus nie bevrees wees dat hy enige iets sal se of dink nie.
Sterke

Reply to cv

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement