advertisement
Question
Posted by: Cornel | 2010/02/10

Reveal

Hi Doc,

Hoop dit gaan goed met Doc.

Dis nou 4 maande na die Sternotomy en dit gaan goed met my. Die sny het mooi gesond geword en inwendig voel dit ook al baie beter.

Die enigste probleem is die " Reveal"  (cardiac loop) wat hulle tydens die operasie ingeplant het. Ek ervaar baie ongemak a.g.v. die ding en ek wil weet hoe moet ek tewerk gaan om dit te laat uit haal? Die Cardio was bietjie " trigger happy"  dink ek om hom in die eerste plek in te sit. Ek het iewers in Feb 2009 ' n episode van sinkopie gehad en was nog altyd maar gepla met hartkloppings, maar ek dink werklik nie die " loop"  is meer nodig nie.

Elke keer as ek hom voel is dit ' n konstante herinnering van als en ek is besig om in ' n depressie in te gaan.

Ek het in 1 jaar se tyd nog nie weer flou geword nie en selfs die hartkloppings is weg en selfs die onreelmatige hartklop is beter.

Nou dink ek die nadele oorskrei die voordele en ek het al 4 maande lank uitgehou (seer as ek ratte ruil en sekere klein bewegings laat hom letterlik skuif en ek kan nie iemand ' n drukkie gee nie dan druk dit teenaan my borsbeen).

Dis sekerlik net ' n klein snytjie en siedaar! hy is uit. Kan hulle dit lokaal doen of is dit ' n narkose-storie?

Baie dankie :)

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Cornel
Ek is bly om te hoor dit gaan goed. Vra bietjie jou dokter of hulle nie nou genoeg informasie het oor jou aritmiee dat hulle dit kan verwyder nie? Anders kan hulle hom dalk net skuif na 'n meer gemaklike area vir jou? Dit lyk my hulle hou dit maar in tot die masjientjie sy einde van sy lewe bereik het - dit kan tot 3 jaar wees. Hoe hulle hom uithaal - nie seker nie maar ek dink lokale verdowing behoort genoeg te wees?
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: cyberdoc | 2010/02/10

Hallo Cornel
Ek is bly om te hoor dit gaan goed. Vra bietjie jou dokter of hulle nie nou genoeg informasie het oor jou aritmiee dat hulle dit kan verwyder nie? Anders kan hulle hom dalk net skuif na 'n meer gemaklike area vir jou? Dit lyk my hulle hou dit maar in tot die masjientjie sy einde van sy lewe bereik het - dit kan tot 3 jaar wees. Hoe hulle hom uithaal - nie seker nie maar ek dink lokale verdowing behoort genoeg te wees?
Dr Bets

Reply to cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement