advertisement
Question
Posted by: Tiger | 2004/03/09

REUK

Hallo Doc. Dit kan In Engels beantwoord word maak nie saak nie.

Twee vraag

Vraag een. My Rottweiler is 4 maande oud. Hy gee ‘n baie slegte reuk af. Alles gaan goed vir so week as ek hom gebad het dan begin die reuk weer.


Vraag Twee die Rottweiler het sy plek op die paving begin doen hoe kan ek kom, kry dat hy ook gras toe gaan soos die ander honde.


Baie Dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberVet

Ek neem aan die reuk is vanaf die vel? Sonder 'n ondersoek is dit moeilik om akkuraat te wees, maar dinge om in ag te neem is moontlike infeksie met swamme/gisselle of bakteriee. Alternatief is dit moontlik dat die huidige dieet onvoldoende is vir hom soos byvoorbeeld pap en vleis of swakker kwaliteit komersiel dieet hondekos. Probeer 'n prima kwaliteit dieet vanaf jou veearts en voer dit vir 3 maande om die effek te toets. Alternatief natuurlik sal 'n ondersoek deur jou veearts help om die oorsaak en oplossing te bepaal.

Vir vraag 2, stel asb weer jou vraag onder 'n nuwe opskrif en rig dit aan die gadragskundige op die forum.


Dr Malan van Zyl
Veterinary Specialist Physician
Cape Town

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement