advertisement
Question
Posted by: Comien Horn | 2007/11/26

Rektale bloeding

Kan iemand my asb help? Ons het so 'n jaar gelede 'n groot hond, Bloedhond-Rifrig kruis, aangeneem by iemand wat daarin geslaag het om hom na 6 maande van die pad af te red. Hy is 'n ongelooflike dier en fantasties met my kinders. Ook is hy geheel en al 'n huishond. Vir 'n geruime tyd kom ek al agter dat, wanneer hy pas klaar stoelgang passeer het en kom sit, dan bly daar 'n donkerkol agter. Aanvanklik het ek gedink dit is maar net vuil boude, maar so 'n week terug het ek agter gekom dat dit eintlik bietjie bloederigheid is. Dit het ek agter gekom toe ek stoelgang opgetel het nadat hy, tydens ons stappery, gepasseer het. Daar was bloederigheid net aan die eerste deel van die stoelgang. Ek het hom dadelik ontwurm, maar dit het nie gehelp nie. Hy is beslis nie siek nie, want hy is sy ou selwers en word ook nie maer nie. Hy het bitter lanklaas bene gehad om te kou, want hy is so gulsig en sluk dit sommer heel in, daarom gee ek nie vir hom nie. Hy eet net Pedigree en Alpo se Full Course. Ek het gewonder of dit dalk 'n anal fisuur, of hemeroïds kan wees - kry honde sulke goed. (Hy is nie hardlywig nie - het klokslag elke dag opelyf) Hy is soos 'n teef wat op hitte is. Die ander probleem is dat dit geweldig offensief ruik en ek letterlik sy boudjies 3x 'n dag of meer kere nou was. Weet iemand dalk iets van so-iets af. Laat weet asb.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberVet

Laat die dier asb deur u veearts ondersoek word om vastestell wat die oorsaak is. Dalk is daar iets wat geneesbaar is.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Chill | 2007/11/27

Klink vir my dis dalk sy 'anal glands' wat ontstoke is - die reuk is nogal onaangenaam. Jou veearts sal weet presies wat om te doen om dit te verhelp, maar moenie versuim om hom soontoe te vat nie want dit kan vir 'n hond nogal pynlik wees.

Reply to Chill
Posted by: Comien | 2007/11/27

Hi Comien,

Ek sou hom eerder veearts toe gevat het as ek jy was. Bloederigheid in die stoelgang kan iets kleins wees, maar dit kan ook baie ernstig wees. Die feit dat dit baie sleg ruik kan dalk aandui dat daar 'n probleem met sy anale klier is. Laat die veearts liewers kyk, dit sal jou ook gerus stel.
Sterkte!

Reply to Comien

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement