advertisement
Question
Posted by: vettie | 2007/05/09

reductil / xenical

Liewe Doc,

hoeveel moet jy oorgewig wees om 'n voorskrif vir xenical/reductil te kry. ek weeg 78 kilos' is 1.63 meters lank. na my baba sukkel ek om gewig te verloor. ek is 35 jaar oud. ek weet gesond eet is die beste, maar nie altyd die mees praktiese nie. - veral nie met 3 kinders en 'n lekkerbekkige man in die huis nie. ek moet omtrent 20 kilos verloor.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Leserin
Jou huidige BMI = 29,3, wat in die oorgewig reikwydte val. Om weer 'n normale BMI van 25 te bekom, behoort jy 66 kg te weeg, dus behoort jy 12 kg te verloor. Om jou ideale BMI van 22 te bereik, moet jy 58 kg weeg, dus 'n verlies van 20 kg. Algemeen gesproke kan persone wat meer as 10 kg gewig moet verloor wel van Xenical gebruik maak en dink in jou geval is dit 'n goeie plan. Bespreek die gebruik van Xenical met jou dr. Dit word saam met 'n baie-lae-vet-dieet gebruik en die lae-vetinname veroorsaak dan gewigsverlies. Probeer om ook so aktief as moontlik te word, veral namate jy gewig verloor. Flink stap vir tot 60 min per dag is nog steeds een van die mees effektiewe maniere om jou metabolisme te stimuleer. Begin stadig en vermeerder hoe ver en hoe lank jy elke dag stap.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement