advertisement
Question
Posted by: *** | 2003/03/18

Rede pm bekommerd te wees?

Hello Dokter,

Ek is jammer om weer te pla, dis alweer ek wat sukkel om swanger te raak – dit sal my laaste vraag wees: Ek het gelees dat daar “unexplained infertility” bestaan en dat daar `n paar ander redes ook kan wees wat lui tot onvrugbaarheid. Ons sukkel mos al vir 11 maande, het ons rede om al te begin bekommerd raak?

Baie dankie vir al Dokter se antwoorde.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

***, dis waar dat daar mense is waar ons nie kan uitvind wat die oorsaak vir hulle infertieliteit is nie. Omdat ons nie weet wat die oorsaak vir hulle probleem is nie weet ons natuurlik ook nie watter toetse ons moet aanvra nie :-)
Daar is veelvuldige redes waarom mense nie swanger raak nie, maar soos voorheen gesê, begin ons gewoonlik nie soek vir hierdie oorsake voordat die paartjie nie ten minste vir 1.5 – 2 jaar probeer het nie. Ek dink julle moet dit vir eers net rustig vat en nie bekommer nie. Sterkte.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: *** | 2003/03/18

......ek weet die statistieke wys dat dit +/- 13.5 – 15 maande kan vat vir normale paartjies, maar wat my bekommerd maak is dat ons is al amper daar. Die statistiek verwys seker ook na vrouens wat miskien nie so gereeld ovuleer nie en na mans wat se sperm telling miskien nie so hoog is nie. Wat ek graag ook wil weet is of dit normaal is om 13.5 – 15 maande te vat vir paartjies wat HEELTEMAL NORMAAL is?

Reply to ***

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement