advertisement
Question
Posted by: ekke | 2006/04/21

Realislim en Kel6

Hi dokter

Ek gebruik die Realislim en Kel6 vir 'n week noual en voel great, maar ek wil graag weet of dit gesond is as ek in die oggende my fibre pap eet en in die middae eet ek my lunch wat uit bv. mince en rys bestaan, en in die aande eet ek niks tot weer die volgende oggend se pap. Drink baie water deur die dag.

Doen ek my liggaam skade as ek so gaan aanhou?
En is dit regtig nodig om in die aande te eet?

Baie dankie
Mooi bly

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Ekke
Ek is regtig nie ten gunste van verslankingspille, veral diegene wat sinefrien, epinefrien of pseudo-epinefrien (kyk op die etiket) bevat nie, aangesien dit gewoonlik nadelige newe-effekte veroorsaak, insluitend afhanklikheid en verslawing. Dit wil vir my voorkom dat die dieet wat jy saam met die pille drink, nie juis goed gebalanseer is nie - dit bevat geen vetvrye melk of suiwelprodukte (vir kalsium) en geen vrugte en groente nie (vir vitamiene en anti-oksidante). Verder is dit glad nie 'n goeie idee om aandete oor te slaan nie, want dit beteken dat jy vir 19 uur niks eet om jou bloedglukosevlakke normaal te hou. Ek wil voorstel dat jy kyk na die verslankingsdieet op hierdie Webwerf (kliek op 'Diet' en 'Weight loss' en 'Slimming Diet' vir 'n kopie) en probeer om drie maaltye per dag te eet van lae-vet, hoë-vesel kosse om gewig te verloor. Kombineer die dieet met gereelde oefening om die beste resultate te bereik.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Wayne | 2006/08/29

Hi

I want to know how healthy Reali Slim is and what are the negatives when using it. I would also like to know what other products is available that is more suitable.

Thank you very much.

Wayne

Reply to Wayne

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement