advertisement
Question
Posted by: P | 2004/12/12

RE: Girlfriend and her 8-year old son

Wie onthou nie meer die storie van die skerpioen wat vir die padda 'n geleentheid oor die rivier gevra het nie? Toe sê die padda wantrouerig; Maar jy sal my mos steek in die proses!? Sê die skerpioen: Nooit! Hoe kan ek nou! Dit sal mos die einde van ons albei beteken. En toe willig die padda in, laai skerpioen op sy rug en begin oor die rivier te swem. So halfpad gevorder, en die padda voel 'n skerp pyn in sy rug, en terwyl hy sterwend en skerpioen al verdrinkend in die vuil water wegsak, prewel die padda; Hoekom? En skerpioen sê: Ek kan nie help nie, dis my instink!

Sommige mense op hierdie forum kan ook nie hul instinkte keer om met hul meerderwarige, afbrekende houding andere wat waag om hul mening te gee, en waarvan hul verskil; af te kraak en sleg te sê nie, en dan later dit wil afmaak as 'n oomblik van: Sorry, dit het nie so goed gegaan by die huis met al die selfmoorde en hooggeregshof sake nie, so bietjie stress, sorry, sal nie weer nie. Maar die instink om sommiges verbaal te verneder skop automaties in.

Die feit dat sommige vrouens geskei is en oorreageer en probeer kompenseer in die mate waartoe hul hul kinders graag gebalanseerd wil grootmaak en sekuriteit aan hul bied, tot in die mate om beurtelings saam met 'n seun wat al pubertydsjare bereik het, kaal voor mekaar te verskyn, maak dit nie reg nie, en maak dit nie verkeerd dat ander dit kritiseer wat dit as toetentaal onnatuurlik en onaanvaarbaar sien nie. Ook nie as 'n man ongelukkig voel as 'n seun sy Ma se swartkoppies/puisies van haar rug verwyder nie. Wanneer gaan so 'n kind leer om terug te staan as die man en vrou op die basis met mekaar gaan verkeer, as hy dit as sy taak sien om saam met sy vrou te bad/haar rug skoon te maak?

QWERTYUI het die meeste van ons mans se mening gehuldig, sonder om lelik te wees, en hy het nie so 'n stront opmerking nodig nie, ook het hy nie noodwendig "issues" nie soos wat die meeste wat sielkunde gaan swot, normaalweg het en dus nie toevallig sielkunde gaan swot om hulself uit te sorteer nie.

Maar dit gee hul geen reg om die hele tyd te wil maak asof mans verkeerd/simpel/ongebalanseerd/kinderagtig is wie 'n verhouding het/getroud is met 'n geskeide vrou, en wie ongelukkig is oor sekere optredes van so n vrou met/en haar seun nie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberShrink

answered at other posting.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: lulu | 2004/12/13

Ag P, kan ons nie maar agree to disagree nie? Almal is tog geregtig tot 'n opinie. Ek het myne gegee. Moet ek heeltyd boet vir onnodige bitsigheid in die verlede? As jy nie met my opinie saamstem nie, hou dan in hemelsnaam op om te reageer op my posts wat nie op jou betrekking het nie, toe?

Hoe hy sy situasie hanteer is sy saak en totaal gebaseer op wat vir hom gemaklik is. Omdat dit nie vir my dieselfde is nie, beteken nie ek is reg en hy verkeerd nie.

As jy mooi gaan kyk sal jy sien dat ek geen opinie gewaag het oor die oorspronklike posting nie. Die twee latere postings was glad nie "nie lelik" soos wat jy sê nie, maar het die vrou as 'n "bitch" uitgekryt. Om te beweer dat die kind "turned on" raak deur sy ma se kaal lyf het my ook nie aangestaan nie. Hoe weet hierdie man dit? Het dit met hom gebeur toe hy klein was? Is mans dan werklik sulke onbeheerste seksuele wesens dat self jou eie ma se kaal lyf vir jou uitlokkend is?? Ek's jammer jy stem nie met my saam nie, maar ek dink dat hierdie twee karakters albei siek is en hulp nodig het. Die eerste ou moet sy situasie hanteer soos wat hy goed dink. Persoonlik dink ek Chelle se raad was spot on.

Anyway, dit was my opinie en ek stel nie belang om in 'n rondslinger van verwyte met jou betrokke te raak nie. My emosionele toestand die afgelope paar maande het niks te doen gehad met my opinie nie. Dit het uiteraard ook niks met jou te doen nie. As jy my verskoning van vroeër aanvaar het, vergeet dan daarvan. As jy nie my verskoning aanvaar het nie, is daar nie veel wat ek daaraan kan doen nie, is daar?

Reply to lulu
Posted by: Paul | 2004/12/13

Mooi man! Ek stem so half saam met jou.

Reply to Paul

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement