advertisement
Question
Posted by: Romè | 2007/04/02

RE: Ek het raad nodig

Die naweek het alles uit mekaar geval. Hy het die naweek verjaar, ek het na hom toe gery om sy verjaardag saam met hom te vier, fout no. 1.

Hy het verlede week vir my gesê dat hy 'n werksfunksie het Vrydag daarom sal ons mekaar eers Saterdag sien. Ek het nie 'n probleem daarmee gehad nie. Saterdag het ek 'n onaangename verrassing van sy kan af gekry oor ons verhouding, ek het dit nie goed hanteer nie, ek het soos gewoonlik met slegte nuus terug getrek in my dop in en nie veel gesê nie. Saterdag aand toe al die kuiermense daar was vir 'n braai moes ek hoor dat hy en sy ex Vrydag aand gaan uiteet hetom sy verjaardag te vier, so hy was nie eerlik met my oor Vrydag aand se funksie nie. Ek het besluit om Pick 'n Pay toe te ry want ek het 'n paar goedjies nodig gehad en sodat ek kan kalmeer, voor ek iets sê wat nie nodig was nie. Ek is 'n paramedic en het op 'n ongeluks toneel afgekom en gehelp. Hy het my gebel en was redelik ongeskuk en het my nie geglo dat ek werk nie. Toe ek terug kom by sy huis met my klere vol bloed van die ongeluk het hy baie sleg gevoel oor hy my nie geglo het nie, maar die hele naweek was reeds bederf. Gister is ons met die kinders Harties toe en toe moet die motor van sy kar se een venster breek en hy het behoorlik sy poppe rond gegooi.

Ek voel hy maak 'n afgod van sy besittings en hy verstaan nie my passie in die lewe is om lewens te red en dat ek hou van eerlikheid en opregtheid nie. Hy het my vertel dat my werk vir 19 jariges is wat nie kinders het nie en dat ek getroud is met my werk en nie omgee vir ander mense nie. Hoe dom klink dit, as ek nie omgegee het vir ander mense nie sou ek nie 'n paramedic geword het nie. Dalk is ek soms met my werk getroud, want ek ry nie by 'n ongeluks toneel verby nie, die Here het my die gawe gegee om vir iemand in nood iets te beteken en dit is wat ek doen. Die negentien jarige storie verstaan ek nie, want daar is baie en glo my goeie paramedics wat baie ouer as 19 is en gesinne het(en hulle is baie gelukkig) en hulle maats ondersteun hulle in hulle passie vir lewe.

Genoeg is nou genoeg ek voel dit het tyd geword om maar weer op my eie te wees.

Hoop almal het 'n heerlike week.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberShrink

GOod luck with your intentiosn towards yourself

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

3
Our users say:
Posted by: Annelize | 2007/04/02

Hy verneuk en belieg jou en daarom dink hy jy doen dieselfde, vir hom is dit lyk my tweede natuur. Moet jouself nie verder verneder nie, jy behoort trots te wees op jouself en jy het alle rede om te wees. Draai jou rug op hom en kry iemand wat jou sal ondersteun, verstaan en bo alles vir jou respek het! Sterkte!

Reply to Annelize
Posted by: Lauren Auder ™ | 2007/04/02

Romè - Jy is beter af sonder hom. Doen wat jy voel gaan uitwerk vir jou .... Is dit om stil te bly en al sy nonsense te sluk en te hoop dat hy gaan verander of is dit om aan te gaan met jou lewe en te doen wat jou gelukkig maak.

Somtyds staar is te lank na die toe deur om te besef dat 'n ander 1 oop is.

Reply to Lauren Auder ™
Posted by: CP Mom | 2007/04/02

Die storie oor vrydagaand wys klaar vir jou dis nie die ou vir jou nie. Ek glo mense met harte van goud doen wat jy doen en dat jy een het. Mens moet jou nie langer ophou met die ou nie. En om Vrydag soontoe te gaan WAS NIE 'N FOUT nie - hierdeur het jy uitgevind waar die kalant regtig is.

Die werk wat jy doen is 'n roeping en ja jy's reg nie vir 19jarige's nie.

Hou jou kop hoog en so moeilik as wat dit is om alleen te wees - 'n leuenaar het mens nie nodig in jou lewe nie!

Sterkte
(en dankie aan al die mense soos jy vir wat julle doen - ek was ook al in 'n ongeluk en die paramedic het dadelik my dogtertjie gevat en haar 'n teddybear gegee en en en eventually toe se hy vir my daar is fout want sy praat nie - toe smile ek en se nee sy's ok sy's gestrem en kan nie praat nie, hy dog dis van die ongeluk se skok!)

Reply to CP Mom

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement