advertisement
Question
Posted by: Mark | 2006/07/27

RE: 460

Goeie dag daar Doc

Ek het ook nie geweet dat ingroei hare op jou bene (in my geval bobene) baie ongewoon is nie. Na watse tipe doc sal jy my aanraai om te gaan, 'n gewone GP of 'n Dermateloog?

Dan nog 'n vraag, ek kry gereeld "Kebonkels" op my gesig. ten minste 1 of 2 keer 'n maand. Ek het 'n tydtjie gelede na 'n dermateloog gegaan en hy het gese ek moet op Ruaccutan (nie seker oor die spelling nie) gaan. Ek het nie weer terug gegaan nie want ek was voorheen al daar op en het verskriklik gesukkel daarmee om rede ek ekseem het en 'n baie droe vel ook. Is daar nie 'n ander middel wat kan help nie? Een met minder newe effekte?

Ps ek is 'n 25jarige man met geen verdere velprobleme nie.

Dankie baie vir jou raad.
Lekker dag verder
Mark

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageArchive

As ek moet kies, sal dit 'n dermatologg wees. Daar is wel 'n toestand wat voorkom aan die buitekant van die bobene, bekend as keratosis pilaris. Hare in die toestand kan soms ingroei. Dikwels het die mense ook asma en hooikoors. Maar ek spekuleer eintlik maar. Indien die toesatnd op jou gesig aknee is, kan die hantering as volg verdeel word. As daar net witkoppies en swartkoppies is, kan mens "tretinoin"/"adapalene" aansmeer. Indien daar rooi puisies by is, moet 'n antibiotikum oorweeg word. Vir erge grade van aknee kan Roaccutane oorweeg word.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement