advertisement
Question
Posted by: LABGIRL | 2008/01/14

RADIO FREKWENSIE DISKOGRAM

Hallo, Ek het vanaf Okt 2007 pyn in my heup area en was onlangs by 'n ortopeed, wat plate laat neem het. Hy het voorgestel dat ek fisio kry en as dit nie help nie, moet ek Radio Frekwensie Diskogram prosedure gaan. Die fsioterapeut het bevind dat ek my Romp spier beseer het. Haar behandeling help effens, maar dit gaan 'n lang proses wees. Ek wil dus graag weet wat behels die prosedure wat die ortopeed wil doen en hoe veilig is dit?
Groete

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageHealthy Bones

Best Labgirl
"n Diskogram word gedoen om te bepaal of 'n sekere diskus in die rug beskadig is en dalk pyn veroorsaak. "n Naald word in die diskus geplaas en 'n kontrasmiddel word ingespuit om sodoende die druk binne die diskus te verhoog. Dit kan pynlik wees en word gewoonlik gedoen nadat ander toetse reeds gedoen is (MR, Ct ens). Daar is natuurlik ook 'n risiko vir infeksie. Ek weet nie heeltemal hoekom die dokter dit aanbeveel het nie. Byt vir nog 'n rukkie vas met die fisioterapie.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement