advertisement
Question
Posted by: Verlore | 2008/05/24

RA

Hallo Dok, ek is so 'n maand gelede gediagnoseer met RA. My vraag is wat is dit presies en hoe gaan dit my lewe vorentoe beinvloed. Ek kry baie spasmas in my been spiere en as ek stilsit dan kan ek sien hoe my spiere beweeg en saamtrek. Ek is ook tipe 2 diabetes, het gloukoom, onderaktiewe skildklier, hipertensie, depressie. Ek is 52 jaar oud. U raad sal baie waardeer word

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Dankie dat jy health24.com besoek het.

Rheumatoide artritis is 'n chroniese inflammatoriese siekte van gewrigte. Vrouens is meer geneig daardie as mans en dit begin gewoonlik tussen 30 en 50. Vernietiging van die gewrig spasie en kraakbeen, erosie van die bene en verlies van die gebruik van die gewrigte self kan voorkom. Dit is belangrik om met jou dokter saam te werk om die pyn en ongemak te behandel en sodoende komplikasies en gestremdheid te voorkom. Dit is ook belangrik om die simptomes te monitor, sowel as gewrigs funksie. Medikasie is die nommer een weg vir die behandeling daarvan, maar daar is ook ander dinge wat voordelig is.

Onaktiewiteit kan die toestand vererger en daarom is dit noodsaaklik om te stap, te swem, water oefeninge te doen. Hierdie oefening is lae impak oefening en kan jou krag en uithouvermoe verbeter. Indien jy egter erge pyn verduur gedurende aktiwiteite, is dit 'n teken dat jy moet stadiger.

Vra 'n fisioterapeut om 'n oefen program vir jou op te stel wat jou unieke toestand sal bevoordeel. Dit is ook belangrik om te strek sodat jy soepel kan bly.

Groete



Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: anxious | 2008/05/25

Rheumatoid Arthritis can be a very debilitating disease. Have you consulted a rheumatologist for advice? Medication and proper management of the condition is essential to keep it under control. Anti-inflammatories are one of the common medications prescribed for RA, but often other medication is also reqired. If you haven't already done so, you should see a rheumatologist.

.

Reply to anxious

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement