advertisement
Question
Posted by: Ontstoke | 2008/07/29

&quot Viremie"  Virus-aanval in spiere??

Dr. Bets,

Ek het vir die afgelope 8 dae ' n erge pyn in my skouer, dit is ondraaglik seer en ek kan glad nie die arm (links) beweeg nie. Die pyn het geskuif na my gewrig asook my lies. Ek is toe dokter toe Vrydag 25 Julie. Hy' t geondersoek en bloedtoetse gedoen vir athiritis en " viremie"  (ek' t sommer gout pille ook gedrink vir ingeval, maar dit was nie dit nie)

Vandag laat hy my weet dat dit " viremie"  is en ek moet aanhou met die anti-inflamatoriese pille tot dit weg gaan (so week of wat) Saam met die " Coxaflam"  drink ek nou nog 6-8 Myprodols ' n dag. Dit kan nie so aangaan nie, my maag brand al soos vuur.

Ek is geirriteerd van die konstante pyn en " handicap"  ek word verbaal misbruik deur die dokter se ontvangs en ek voel net versriklik siek en sleg. My pa is dood op 38 van ' n hartaanval, sy broer twee jaar terug dieselfde. Ek is bang ek kan dieselfde paadjie loop en al wie omgee is my kwak dokter.

Ek voel die dokter weet nie wat' s fout nie, nou kom hy met die " viremie"  storie. Kan dokter Bets my asb ' n tweede opinie gee. Bestaan daar so iets??? Dit voel asof ' n senuwee vas geknyp word, en daar is geen swelling nie. ASB gee my iets sodat ek kan beter voel??!!!!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Ontstoke
Ek wil sommer slange vang as die ontvangsdames mens so sleg behandel! As jy sleg voel wil jy nie nog soos ’n laspos laat voel word ook nie! Virus infeksies kan gewrigspyn en spierpyn veroorsaak maar dit behoort nie so erg te wees dat jy die arm nie kan beweeg nie. As jy 6-8 Myprodols plus Coxflam moet drink is die intensiteit ook vir my te erg vir virumie. Ek dink jy moet ’n tweede opinie kry of vra jou dokter moet jou verwys na ’n ortopeed – dalk moet jy sommer’n EKG laat doen al is dit vir jou eie gemoedsrus ( dit klink darem nie soos ’n hartpyn nie), en dalk is nek x/strale en skouer x/strale nodig want dit kan ’n senuwee wortel wees wat vasknyp of jy kan ’n bursitis ( inflammasie in die gewrig spasie) in jou skouer hê wat dalk ’n kortisoon inspuiting nodig het. Jy hoef nie weer bloed te trek nie, die ander dokter kan ’n afskrif vra by die lab. As jy so aangaan sit jy eersdaags met ’n maagseer ook!
Laat weet my asb of jy reggekom het?
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

3
Our users say:
Posted by: Jessica | 2015/01/12

Ek is 33 en het ewe skielik verskriklike ongemak onder my krop en my maag brand soos vuur ek voel baie naar. Kan dit 'n maagseer wees, wat kan ek gebruik vir dit.

Reply to Jessica
Posted by: Anonymous | 2013/09/11

Hi Dr Ek het 2 en halwe week bronchitis gehad en was week opgeneem in die hospitaal. My infeksie telling was 17 en met 6 kursusse antibiotika geval na 16.13. Ek is met die telling ontslaan en voel nog steeds nie gesond nie. Is nog dronkerig,kortas,seerkeel en hoes nog. Het ook vreeslike hartkloppings. Met die hoesery het ek ook my spiere by my ribbes seergemaak en dit is ook nog seer.Was vandag weereens dr toe en het nog steeds nie antwoord wat fout is nie, het ook weereens laat bloed trek. Het u dalk idee wat dit kan wees?

Reply to Anonymous
Posted by: Charl Le Roux | 2013/06/25

Ek is gister gediagnoseer met Viremie. ek is tans op Clacee 500mg, Tamiflu 75mg. Het eers gedink dis 'n doodgewone verkoue, toe nie. Tans ervaar ek 'n ligte pyn/styfkeid in my nek en skouer. My keel is seer, loperige neus en het 'n ligte hoes aan my. sit nou vir 2 dae by die huis.

Reply to Charl Le Roux

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement