advertisement
Question
Posted by: miekie | 2010/11/16

Pynpille - langdurige gebruik

Hallo dr.
Het arterisklerose, cabg, 3 stents gebruik 40mg Crestor 10mg Isotrol, oorerflike hoë  cholestrol. Is depressief en het PTSD drink meds voorgeskryf deur psigiater. Is ook onlangs gediagnoseer deur reumatoloog met fibromialgie. Die meds wat sy voorgeskryf het vir my pynlike sternum ens. het my siek gemaak, was in hospitaal met verhoogde polsslag en angina. Ek het tans baie pyn hoofsaaklik oor my hele lyf, seer bene en arms met of sonder enige beweging. Ek kan tans nie statins verminder nie, wat kan ek doen om my pynvlakke te beheer. Wat van verslawing van pynmeds? Ek drink tans afwisselend Tramacet en Tenston SA. Dr''s is ook huiwerig om pynmeds voor te skryf en Panado help nie! Wat nou?
Groete

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Miekie
Sekere antidepressante (Cymbalta)en anti-epileptiese middels (Neurontin) help vir die pyn van fibromialgie. Alternatiewe behandelings soos massering en aromaterapie kan ook help vir pyn. Alhoewel dit die laaste ding is waarvoor mens lus of energie het, help 30 min per dag se ligte oefening vir die simptome. Pynmiddels soos Tramadol of Tramacet behoort te help maar kan hardlywigheid veroorsaak en gewoontevormend wees. Het jy weer met jou rheumatoloog gesels oor moontlike alternatiewe behandelings? (Rheumatoloë swot eers vir 'n internis en spesialiseer dan verder, so sy behoort jou hart probleme in ag te kan neem)
dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Cyberdoc | 2010/11/16

Hallo Miekie
Sekere antidepressante (Cymbalta)en anti-epileptiese middels (Neurontin) help vir die pyn van fibromialgie. Alternatiewe behandelings soos massering en aromaterapie kan ook help vir pyn. Alhoewel dit die laaste ding is waarvoor mens lus of energie het, help 30 min per dag se ligte oefening vir die simptome. Pynmiddels soos Tramadol of Tramacet behoort te help maar kan hardlywigheid veroorsaak en gewoontevormend wees. Het jy weer met jou rheumatoloog gesels oor moontlike alternatiewe behandelings? (Rheumatoloë swot eers vir 'n internis en spesialiseer dan verder, so sy behoort jou hart probleme in ag te kan neem)
dr Bets

Reply to Cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement