advertisement
Question
Posted by: Solette | 2007/05/17

Pynlike gebeente snags

My liggaams skelet pyn in die nag. Ek moet letterlik regop sit en vryf. Ek is 44, en wonder of ek nie osteoporose het nie. Ek praat nie van krampe nie, ek praat van fisiese pyn.

My suster se dogter is op 18 oorlede aan skeletkanker, dus bekommer dit my ook, want sy het dieselfde simptome gehad. (Rhapsodomio Sarkoom kanker)

My vriendin se ek moet OSTEO E tablette probeer.

Wat stel u voor??

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Solette
Alhoewel osteosarkoom raar is, is dit maar altyd beter om eers fisiese probleme uit te skakel. Jy het tenminste 'n paar bloedtoetse nodig, asook x/strale van jou rugwerwels of die area wat die meeste seer is. Die dokter behoort die oorsaak van die skeletpyn te behandel, hetsy osteoporose, bloedarmoede, artritis, skildklier, been infeksie of paratiroied probleme. Kalsium aanvulling en gewone anti-inflammatoriese medikasie en hitte behoort te help as dit net agv ooreising is ( bv as jy baie staan in die dag). Sien maar liewer eers jou huisdokter. Dit sal jou ook meer gerus laat voel.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Anonymous | 2016/08/05

Goeie more dr, Ek is nou net ontslaan uit die hospitaal. Ek het 5 dae gelede 'n sakoom aan die regter borskaswand laat verwyder. Die dr praat van Rhapsodomio Sarkoom kanker. Ek wil graag meer inligting bekom. Ons kry die uitslag eers volgende Woensdag agv Baie vakansiedae. Kan u bietjie meer verduidelik. Dit was glo 'n tumor in die sagte weefsel/spier met 5,9 cm deursnee.

Reply to Anonymous

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement