advertisement
Question
Posted by: Jo | 2003/01/23

Pyne bokant hart en pyn onder regter rib area

Ek het 'n so 2 weke gelede 'n skerp steekpyn bo-kant my hanrt gekry. Dit het slegs sekondes geduur en het weer verdwyn. Ek ervaar die afgelope 3 dae 'n drukkende pyn aan die linkerkant van my bors, net bokant my hart (waar 'n mens se bors begin). Die pyn kom en gaan. Die pyn is slegs gedurende die dag daar. My GP sê dat my bloeddruk en hartklop normaal voorkom. Hy weet nie eintlik wat dit is nie. Het geen medikasie gegee nie. Hy sê dit kan moontlik 'n spier wees. Wat kan die pyn veroorsaak? Ek het geen oefeninge gedoen dat ek 'n spier sou seermaak nie. Kan dit wees dat ek 'n mantelvliesbreuk het? (Ek het 'n paar maande gelede (Julie 2002) vir 'n klompie weke erg sooibrand gehad, veral wanneer ek sitrus vrugte geeet het. Ek kon ook nie water drink nie - dit het ook die sooibrand vererger. Wanneer ek op my borsbeen gedruk het, was dit baie gevoelig. My maag het baie vol gevoel al het ek slegs 'n broodjie geeet. My stembande was ook aangetas van die suur wat teruggestoot het, dit het geklink asof ek laringhitis het. Wanneer ek sluk het dit gevoel asof daar 'n knop in my keel is. Dit was baie ongemaklik. Ek was by die internis en sy het vir my pille gegee om te drink en die simptome het opgeklaar. Sy sê dit kan moontlik stres wees en ook 'n spastiese dikderm. Die sooibrand was weg vanaf Sep. - Nov. en gedurende Des. het ek vir amper 'n week weer die brandgevoel in my keel ervaar en net onder my borsbeen was dit gevoelig. Dit het vanself weer weggegaan. Tot vandag het ek nie weer sooibrand simptome ervaar nie, maar nou het ek weer 'n ander pyn ontwikkel.

Ek het die afgelope 7 weke 'n knaende pyn onder my regter rib. Die pyn voel partykeer soos wanneer jy mildsteek het, asof iets vasgeknyp word, ander kere is dit slegs 'n dowwe kloppende, ongemaklike pyn. Die pyn trek partykeer tot aan die agterkant van my ribbes na my rug se kant. My laaste 2 ribbes voel seer wanneer daar op hulle gedruk word, maar die pyn is onder my ribbes, meer in die vleis. Ek was by die GP en hy het gesê dat daar geen swelling van my lewer gevoel kan word nie. Hy het ook 'n sonar gedoen en my lewer en galblaas lyk 100% reg. Hy het gesê hy dink dit is 'n spier wat seergemaak is. Ek kan dit nie verstaan nie, want ek oefen die afgelope paar maande glad nie. As dit 'n spier is, behoort dit pyn mos allankal opgeklaar het. Ek het gisteraand toe ek wou eet, weer die pyn gekry asof iets vasgeknyp word (dit het vir 'n paar minute geduur en toe was dit weer weg). Dit is baie seer, en dit voel asof iets wil bars - dit is baie ongemaklik en baie seer. Kan dit 'n verwysde pyn wees. Ek het 5 jaar gelede 'n liesbreuk operasie gehad. Wanneer ek baie lank staan brand dit baie. Daar is geen bult wat in my lies uitstaan nie, maar dit help wanneer dit pyn as ek daarop druk.

Ek wil nie weer na my GP gaan vir 'n ondersoek. Na watter dokter kan u my aanbeveel? Wat is die verskil tussen 'n chirurg en internis?

Kan u asb. ook die volgende vir my e-mail "non-cardiac cause of chest pain".

Baie dankie.
Jo

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Jo, van hierdie kant van die skerm af klink dit asof die probleem iets met jou spysverterings kanaal te doen het. Ek kan bly raai to volgende week, maar ek dink die beste sal wees om ‘n gastroënteroloog te sien.
Ek kry nie die vrae by dieselfde plek waar jy hulle pos nie, dus weet ek nie wat jou e-pos adres is nie. Stuur dit vir my by netdoc@mweb.co.za en ek stuur ‘n kopie vir jou. Sterkte.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

22
Our users say:
Posted by: Anonymous | 2016/07/13

Hi ek het n vergrote lewer die laaste week het ek geen pyn gehad nie het vanoggend opt gestaan met n steek pyn regs onder my ribbes wat kan dit wees? Help asb

Reply to Anonymous
Posted by: Martha | 2016/06/21

Ek is eers dokter toe vir pyne in my nek na 10 dae terug gegaan want dit word nie beter nie.Dokter toe gese ek moet eerder gaan vir ct scan.So kom ek by Karel bremmer en hulle se nee gee sterker pille dit kan dalk wees dat ek moet brille kry,maar pyne is nie in my kop voor nie dis agter my nek ek gooi op ook by tye en nou het ek hierdie aakligge gevoel op my maag meer tussen my borste so endjie onder toe wat voel soos milksteek of iets ek he by my suster pille gekry wast sy gekry het vir maagseer en mantelvlies en dit werk vir my is dit dalk die probleem wat ek het maagseer of mantevlies,is daar enige boere raad daarvoor ek het nou al baie geld spandeer aan dokters Baie dankie Martha

Reply to Martha
Posted by: Patsy | 2016/06/15

Hi daar. Het enige iemand al 'n diagnose op die pyn onder die regterkant van jou ribbes. Ek was ook vir bobuik sonar en geen resultate opgelewer nie.

Reply to Patsy
Posted by: Karen | 2016/06/15

Goeie naand, of moet ek se mre? Dis amper 2uur in d oggend, ek het wakker geword van hierdie vreeslikste pyn in my bors! Dis so tussen my ribbes, meer aan (regterkant), voel soos n knop wat rond beweeg! Kan nie diep asem haal nie en as ek da an vat of druk is dit ongelooflik seer! Wil ok amper se dit voel soos n bja groot wind wat vas sit. Weet nie wat dit is of wat dit veroorsaak nie, en dis nou al d 3de keer wat dit gebeur! Dit hou ok dan aan v 2 na 3 dae voor dit weg gaan! Enige iemand wat weet dalk wat dit is??

Reply to Karen
Posted by: annemarie | 2016/02/07

Ek wil uitvind, ek kry bo op my bors nader aan skouerlinkerkant so dowwe pyn. Dis meer ongemaklik as wat dit seer is, dis net van tyd tot tyd....ekt hoe bloeddruk 169 oor 107..........ek drink 100mg Bia-Atenol..........wat kan dit wees?

Reply to annemarie
Posted by: Anonymous | 2015/07/25

Ek het n pyn in my sy as ek net n klein hoesie gee dan voel dit soos n knop. . Dit is nie. Spiere nie. Dit voel soos waneer jy erg gehoes het . Die maagspiere is dan seer. Maar dis net. In die een kant. En my maag lyk en voel of ek ver swanger is . Wat kan dit wees?

Reply to Anonymous
Posted by: Anonymous | 2015/05/01

Hi ek is 25 sit ook met di pyn aan di ribbes weet jul al wat dit is asb laat weet my

Reply to Anonymous
Posted by: Evelin | 2015/04/17

Ek het n brand in my maag dit is noual 2jaar.En ek het nou n pyn in my linker kant se bors en dt voel of ek swaar asem haal enige raad asb.

Reply to Evelin
Posted by: Evelin | 2015/04/17

Ek het n brand in my maag dit is noual 2jaar.En ek het nou n pyn in my linker kant se bors en dt voel of ek swaar asem haal enige raad asb.

Reply to Evelin
Posted by: Evelin | 2015/04/17

Ek het n brand in my maag dit is noual 2jaar.En ek het nou n pyn in my linker kant se bors en dt voel of ek swaar asem haal enige raad asb.

Reply to Evelin
Posted by: Anonymous | 2015/04/05

Ek is n 64 jarige vrou, het vir die afgelope 2 weke n pyn onder my regter ribbekas. Dit voel of dit my lewer is wat seer is, maar ek het geen simptome van geelsug of geswelde lewer nie. Ek drink essensiale supreme en proheb, dit help egter nie. Ek drink of rook nie, kan dit n diafragmabreuk wees? Is daar dalk iemand wat raad het asb.?

Reply to Anonymous
Posted by: Anonymous | 2015/03/03

ek sit met pyn in bors onder beide my borste my ribs en my maag en rug kan iemand my se wat dit is asseblief was by verskillende doktors elkeen het sy eie storie help asseblief

Reply to Anonymous | 3 comments (hide)
Posted by: MARGARET | 2015/06/05

Het jy al gehoor wat dit is want ek het dieselde probleem al vir drie jaar was by nege verskillende Doktors hullle het elkeen hulle eie storie

Posted by: DMT | 2015/05/11

HET JY AL GEHOOR WAT DIT IS WANT EK SIT MET DIESELFDE PRBLEEM

Posted by: MARGARET | 2015/04/15

Ek sit met dieselfde probleem het jy al uit gevind wat dit is als heeltemal dieselfde

Posted by: Susan | 2014/11/20

Goeiemore. Ek kry dowe pyn aan my linkerkant net bokant my hart soms voel dit soos borrels wat beweeg en raak benoud effens snaakse gevoel in my arm en ok pyn agter by skouerblad.

Reply to Susan
Posted by: Anna | 2014/10/25

Ek het tyd gelede begin met pyn bo agter my rug hier van nek se punt af tussen my blaaie veral as ek vorentoe buk en wil regop kom. Dan kan ek skaars roer moet baie mooi beplan hoe om daarby verby te kom! nou is daar bevind dat ek hartversaking het en wonder ek of dit nie die probleem is nie? Het iemand raat? dr se plate wys longe nie fout net hart wat vergroot is.

Reply to Anna
Posted by: Richard | 2014/10/08

Hallo julle. Ek is vandag 8 Okt 2014 ontslaan uit die hospitaal. Is sondag 6 Okt 2014 opgeneem met erge pyn onder my regter ribbes. Ek het gegaan vir n scan en daar is bevind ek het divertikulitus. Dit is erg seer. Maar ek begin twyfel of dit werklik dit is. Ek het erge pyn. Is baie kortasem en kan nie op my regter sy of rug le nie. Dit ietwat beter as ek op my linker sy le. Iemand daar buite met dalk raad en ad vies. Kontak my asb op vanniekerkrichard@gmail.com.

Reply to Richard
Posted by: Delia | 2014/09/16

Hallo Ek ervaar ook al die afgelope 3 maande sulke pyne, ek het ook verskriklike pyne en lamgevoel in my niere en staykie as ek lank staan of sit, soos julle almal sê waar begin 'n mens, dit voel soos tandpyn met 'n abses wat net nie wil ophou pyn nie. En as dit agter in jou rug vassteek voel dit weer so 'n wind, dan kan 'n mens nie weer asem haal nie. Waar begin 'n mens die probleem soek, want as ek julle stories hoor raak ek sommer moedeloos. Help Asb!!! Dit raak regtig 'n problem as 'n mens wil uitgaan of kuier by mense sit en staan maak jou ongemaklik voel. Ek smeer deesdae maar MIRICLE MAGNESUIM GEL op en dit werk nogal as ek gaan slap in die aand. Groete Delia Polokwane

Reply to Delia
Posted by: Anonymous | 2014/03/05

Jo, Het jy al 'n antwoord gekry op jou pyn in die regterkant van jou ribbes. Ek beleef dit ook en was al vir scans bloedtoetse and you name it?

Reply to Anonymous
Posted by: Shanel | 2013/05/21

Goeiemore.. Ek kry so nou en dan n pyn aan die regterkant net onder my ribbes, dis so erg ek kan nie sit,staan of le nie en dit duur vir paar ure. Pynpille werk nie daarvoor nie, na baie ure as die pyn weg is dan voel ek baie moeg en n drukking op my bors asook n lammerige gevoel in my linkerarm.. kan dit n wind wees wat vasteek.. S

Reply to Shanel | 1 comment (hide)
Posted by: natacha | 2015/03/02

halo eks 23 en ek sit met die selfde probleem weet jy dalk wat die probleem is baie dankie

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement