advertisement
Question
Posted by: Agie | 2007/05/22

Pyne

Doc, ek wil hulp hê so ek gaan aan jou beskryf hoe ek voel (asof ek my kar na 'n Macanic toe vat)

ek kry die laaste paar weke kort-kort branderige steek-pyne in my borskas - meer spesifiek voel dit of dit in die bors/borsbeen kan wees. Dit bly vir 'n rukkie daar en voel of dit weg gaan en later pyn dit omtrent onder my arms ook. Dit is gewoonlik net in die linkerkant en gister-aand het dit begin in die regterkant. gedurende hierdie episodes voel dit soms asof my nek/keel styf trek. Ek het 'n Histerektomie gehad en gewonder of dit dalk Hormone kan wees??? moet ek dokter toe gaan???

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Agie
Ek dink nie dis hormone nie, maar dit kan dalk ontsteking in die lugpypies wees ( dalk van die narkose). Dan sal dit seerder wees as jy diep asemhaal, jy kan dalk hoes of kortasem wees of benoud voel. As dit dalk oppervlakkige onsteking in die borskas spiertjies of rib gewriggies is, sal dit seer wees as jy daarop druk, lag en hoes en iets soos Brufen of Neurofen behoort daarvoor te help.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement