advertisement
Question
Posted by: L | 2008/01/29

Pyn na inspuiting

More Dr

Ek het begin Desember n anti-inflamatoriese inspuiting gehad. Die Suster wat dit gegee het, het nie regtig gelyk of sy weet wat sy doen nie. Ek kon vandag nog nie aan die plek vat waar sy ingespuit het nie. Sy het in lyn met my heup ingespuit. Party aande weet ek nie hoe om te le nie, omrede dit so seer is. Dit is n kloppende pyn. Partykeer as ek net verkeerd draai, dan kry ek amper soos n kramp in daai area. Sukkel nou met lae rug pyn ook. Ek wil net graag weet of dit normaal is en hoe lank dit gaan vat vir die pyn om weg te gaan.

Baie dankie vir u tyd.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo L
Ja dit klink vir my of daar dalk ‘n probleem is. Laat jou huisdokter kyk of jy nie dalk daar ’n diep abses of bloeding in die spier ontwikkel het nie? Hulle moet jou spuit in die boonste buitenste kwart van jou boud as jy dit in 4 deel.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement