advertisement
Question
Posted by: Y | 2008/01/24

Pyn in regter kant

Haai Dr

Ek wil net graag weet hoe naby sit n vrou se eierstok aan die blindederm. Ek kry gereeld die steek pyne aan die regterkant van my abdominaal. Ek weet nie of dit my eierstok is nie, omrede my siklusse normaal is en daar geen fout is nie. Ek het ook partykeer n dowwe pyn daar. Maar dit is veral in die aand as ek le dat ek die pyn kry. Of as ek skielik beweeg. Nie seker wat fout kan wees nie...

Baie dankie vir u tyd...

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Y
Jou eierstokke lê heelonder regs in jou bekken, amper al onder die bekken been in. Jou blindederm gee gewoonlik ’n pyn op die naeltjie of so halfpad tussen die naeltjie en die heup. Iets anders wat daar pyn kan gee is ’n nierpyp of die dikderm. Miskien moet jou dokter vir jou kyk?
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

24
Our users say:
Posted by: Jackie | 2016/08/15

My man het 'n pyn nou vir langer as 'n week in sy regter kantse lies, weet enige iemand wat dit kan wees?

Reply to Jackie
Posted by: Danica | 2016/04/22

Hi . Ek het van gister af n pyn in my regterkantste sy dit voel soos n steek pyn. Eers het dit gevoel asof ek maar net styf was maar ek het nie geoefen nie. En van gisteraand af steek dit. Dit steek as ek trappe klim of as ek lank gesit het en opstaan voel dit asof ek nie kan loop nie?

Reply to Danica
Posted by: Anonymous | 2015/12/28

My seun is 8 jaar oud en se dat hy pyn het aan die regter kant van sy mag en sy. Wat kan dit wees as iemand dalk vir my raad het. Lekker dag

Reply to Anonymous
Posted by: Anonymous | 2015/12/20

Hi daar het jule raad nodig... Ek het vir 2 weke n lae rug pyn en n pyn in my regter kantste sy. En van gister af voel ek die pyn in my linker kantste sy... Ek het ok van vanoggend af n pyn op my blaas... Kan iemand my se wat dalk dit veroorsak

Reply to Anonymous
Posted by: annalize | 2015/10/12

Baie pyn in regterkantse lies wat my been laat sleep. Asb waar kan ek hulp vra, wil graag weet wat dit veroorsaak. Dankie

Reply to annalize
Posted by: D E | 2015/08/15

Hi ek het n pyn in my in my lies en dit maak dat my heup en been baie seer is wat kan dit wees. Kan dit dalk my eierstokke wees. Ervaar ook n steekpyn aan die onder van my maag. Baie dankie D E

Reply to D E
Posted by: Anonymous | 2015/07/14

soms trek daar n drem of iets persies in die middel van my maag onder styf wat baie seer is en nou ek die ergste pyn daar kan iemand my asb se wat die is

Reply to Anonymous
Posted by: Anonymous | 2015/06/09

ek is 38 en dit is nou die tweede keer van sondag af dat ek n baie seer steek pyn in my heup kry ,dit is so seer dat ek nie eers kon se dat ek seer gehad het nie en net wou floufal het. is dit iets om oor bekommerd te moet wees. dankie

Reply to Anonymous
Posted by: Lindy | 2015/05/13

Hoop iemand kan my help asb. Ek het 'n pyn waar my blindederm sit al vir maande lank. Die probleem is my blindederm is al verwyder toe ek klein was. Enige iemand wat dalk weet wat dit kan wees. Ek het nie medies nie en die klinieke doen nie scans nie. Dankie

Reply to Lindy
Posted by: Monique | 2015/04/28

My 9 jarige seun het steekpyn in sy regter lies en baie seer bene. Kan dit sy blindederm wees?

Reply to Monique
Posted by: Sarina | 2015/04/28

Hi, Ek het al vir n week n pyn in my regte kant se sy. Dit kom en gaan weg. Waneer ek baie op my voete beweeg is die pyn altyd daar, as ek tot rus kom dan bedaar dit bietjie maar nie heeltemal nie. En dan voel dit asof my eierstoke wil uit val so pyn dit. Ek het nog nie sulke pyne ooit gehad nie. Ek weet nie wat die problem is nie. Ek is ook nie in n verhouding vir n jaar nie. dankie vir u tyd... Sarina

Reply to Sarina
Posted by: anonymous | 2015/03/10

hello. ek het n pyn in my regter kant net so skuins onder my naeltjie die pyn kom en gaan en in die aande. ek doen oefeninge en weet nie of dit dalks dit kan wees nie. ek voel soms naar en kry nie geslaap in die aande nie. wat kan dit wees?

Reply to anonymous
Posted by: Betsey | 2014/12/10

Ek baie baie pyn in my lies bo kant van my bel ken been of mis ken lies. Dit gehoorsaam dat ek nie kan loop nie. Die regterbeen is so pyn lik dat dit nie die linker been wil help loop nie m.a.w. bokant van lies, bokant van regterbeen so pyn lik wat belemmer om regterbeen te help om te loop. Wat kan dit verloorsaak wil ek weet?

Reply to Betsey
Posted by: Skielike pyn | 2014/11/16

More ek is 21 vanoggend het ek skielike pyn in my regter kant se lies. Ek weet hul het gese as dit jou blinde derm is dan as jy spring kn jy nie. maar ek het probeer en ek kan soort van. ek kan loop maar dit is seer en gevoelig. wat kan dit wees?

Reply to Skielike pyn
Posted by: Anonymous | 2014/11/15

Ek het n ligte steek pyn aan my regter kant net so langs my blaas kan iemand my asb se of dit my bllinde derm kan wees asb

Reply to Anonymous
Posted by: Anonymous | 2014/09/28

Haloo Ek het n vreeslike seer pyn langs my heup. Dit voel asof iets saamtrek. Wat kan dit wees en kan u my enige raad gee.

Reply to Anonymous
Posted by: wilma | 2014/08/01

Ek het pyn in die regterkant se lies en dan beweeg dit bietjie opper en verskriklik in my been in tot by my knieg. Dis nie n liesbreuk nie maar die pyn raak erger patykeer kan ek nie eers op my been trap nie

Reply to wilma
Posted by: Tans | 2014/06/18

Tydens ovulasie kan jy ook pyn ondervind. Dis normaal.

Reply to Tans
Posted by: Elize | 2014/03/18

Ek het sedert gister 'n steekpyn begin kry net regs van my naeltjie. My blindederm is reeds verwyder. Wat kan die probleem wees. My siklus is normaal en ek gebruik tans 'n voorhoedpil genaamd Qlaira.

Reply to Elize
Posted by: Mariska | 2014/01/29

Ek het op die huidige oomblik pyn aan my regterkant by my lies dis seer as ek daarop druk en my linker kantse lae rug pyn. Ek kry baie die pyne. Wat kan dit wees? Baie dankie Mariska

Reply to Mariska
Posted by: L | 2008/11/24

I although i am drinking 2-2.5 Litres of water daily, changed my diet and excercising more, (eating carrots in the morning, balanced lunch, fruits, yoghurt, sunflower seeds, high fibre cereals etc. (This all used to help me to be regular, but not anymore)... eating seed bread occassionally, I still have a problem passing stools, i have pain in the upper and lower section of my stomach. I do not believe in drinking medicine to make my stomach do what it needs to do, only natural stuff. I can' t seem to lose any weight at the moment. I previously have been diagnosed with IBS, but WHAT is the problem now?? Today I have more pain on the right hand side, and sometimes I' m thinking of " blindederm" . I want to go and see a doctor and want to do all the tests, without wasting medical aid, but WHERE do i start? I did have a lot of stress recently and some people said, it was due to the stress, but still - how can i be regular? Or is it not my stomach? Please can you assist or direct me to the right people?

Thank you so much

Reply to L
Posted by: Tania | 2008/08/18

Hoe weet ek as my blindederm probleme gee? Ek het sulke steekpyne regs onder op my maag, maar is nie seker wat dit is nie?

Reply to Tania
Posted by: dermpie | 2008/03/04

Ek het n erg konstante pyn op my maag regoor die naeltjie kan dit die blindederm wees

Reply to dermpie
Posted by: Eina Pyn | 2008/02/28

Ek het op die huidige oomblik dieselfde ervaring van 'n pyn aan my regeterkant.Dit is net seer as ek lê of as ek piepie. Ek het al twee kinders en was nog nooit vir papsmeer nie, is dit gevaarlik of wat? Wat kan gebeur as dit my eierstokke is.

Baie dankie

Eina

Reply to Eina Pyn

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement