advertisement
Question
Posted by: sarie | 2004/11/01

pyn in lae-buik, lieste en bene

Beste Cyberdoc,

ek het van gister af erge pyne net bo my lieste, in my lieste af, in my boude, heupe en bene af. Die probleem is dat ek vermoed dat kan dalk weens endometriose wees. Ek kry hormoonbehandeling daarvoor en was omtrent 'n maand gelede weer by die ginekoloog -- die sonar en bloedtoetse het niks snaaks uitgewys nie.
Ek besef ek moet seker 'n dokter gaan sien, maar ek is al moedeloos -- ek kry gedurig dié soort pyne en geen dokter kan my help of 'n antwoord gee nie. Dis net nou besonder erg. Ek is bang daar is dalk 'n infeksie êrens, maar wil nie onnodig dokter toe gaan nie -- want dan is dit weer toetse op toetse met gepaardgaande koste.
Ek wil dus weet -- is hierdie soort pyne normaal as mens endometriose het? Wat my bietjie bekommer, is dat ek effe naar voel. Ek het nie my koors gemeet nie, maar ek voel vir myself effe warm en bewerig.
Vraag is: wat kan die oorsaak van hierdie soort pyne wees? Moet ek maar wag en kyk wat gebeur of moet ek liewer 'n dokter gaan sien? Ek sien nie kans vir nog 'n operasie nie, ek weet elke keer as hulle ``ingaan'' vorm daar letsels -- ek wonder juis of dit nie dalk die oorsaak van my pyne kan wees nie.
Hoop dokter kan help.
groete, sarie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Sarie, die probleem is dat die simptome mag inpas by endometriose maar ook by ander toestande soos ‘n bekken infeksie of divertikulitis (beide ernstige toestande). As jou simptome dus nie verbeter het teen die tyd wat jy my antwoord ontvang nie, sal die beste wees om tog maar jou dokter te sien. Sterkte.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Anonymous | 2015/09/24

Pyn in beide lieste wanneer ek opstaan na ek 'n ruk gesit het.

Reply to Anonymous

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement