advertisement
Question
Posted by: Smiley | 2007/05/14

Pyn in bors

Hi Doc. Net gou weer agtergrond voor u my met navraag help: ek is 31, vroulik en het matige Mitral Valve Prolapse.

Laaste paar weke kry ek steekpyne in my linkerbors. Ek het gister-aand omtrent nie geslaap nie omdat ek kort-kort wakker geword het daarvan. Dit gebeur soms in die dag ook. Ek gebruik geen medikasie op die oomblik nie (behalwe vir Simvistatin en MvitM) Ek word deesdae aan en af deur 2 verskeie Kardioloë behandel en die 1 Kardioloog het gesê ek moet die Sotacor en Florinef drink soos nodig om simptome soos Atriale Fibrillasies onder beheer te kry en die ander Kardioloog is van mening dat ek dit kronies moet drink. In die laaste 5 maande het ek 4 keer AF-episodes gehad. My rustende pols is gemiddeld 80. Gemiddelde Bloeddruk laag (100/70).

Ek weet, nadat hul Angiogram gedoen het, dat my Kroonare skoon is. Waarom dan die steekpyne? Ek het in 2005 'n Totale abdom. Histerektomie gehad (het nog 2 eierstokke) en onlangs is my hormone getoets en dit is in orde. Daarom wonder ek of die steekpyne in linkerbors van MVP kan wees? Sal dit help as ek die Sotacor en Florinef neem soos deur die 2de Kardioloog voorgeskryf? Ek is kronies moeg en duiselig en wil regtig nie vir altyd so voel nie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Smiley
Ja MVP kan hartpyne veroorsaak en dalk sal dit ‘n goeie idée wees om maar jou sotacor etc te gebruik. Kyk ook net, as dit seer is as jy diep asemhaal of as jy op die plek druk, is dit dalk nie hart nie, maar long of tussenrib spiertjies, of rib gewriggies wat onsteking in het.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement