advertisement
Question
Posted by: L | 2007/04/10

pyn en nogmaals PYN!

Liewe Cyber Doc

Ek het van meer as 1 jaar gelede chroniese lae rugpyn in die regterkant ontwikkel wat kom en gaan, dit kom meestal, deesdae ten minste 1 keer per dag en hou 'n paar uur aan. My simptome is als in die regterkant van my liggaam.

Van so 3 maande gelede versprei die pyn na my laer abdomen (regs) en dan na my binnedy (regs) en in my been af (regs). Die pyn is ook van my skouerblaai (regs) in my arm (regs) in elmboog, voorarm, gewrig en hand.

Ek word ook naar en duislig en bewerig en kry erge hoofpyne.

Ek het xtrale laat neem en dit wys niks. Niersonar wys niks, ginekologie wys niks, behalwe dat my gynie se my uteris is onderstebo of getilt of iets en dat omtrent 18% vrouens so gebore word. Antibiotika help net mooi niks, so dis dan nie infeksie nie. Ek het laas jaar MR scan gedoen en als is normaal behalwe dat my een ovarium "wegkruip" en nie in lyn met die ander een is nie.

Laas jaar is ek met tipe 2 diabetes gediagnoseer en toe noem ek vir my gp van die rygpyn. Hy se as ek gewig verloor sal dit verdwyn. ek het al 20kg verloor en is op my doelgewig en die pyn is erger as voorheen.

Dis klassieke blindedermontstekingsimptome maar my blindederm is as meer as 10 jaar terug verwyder.

Ek is 32 en vroulik, op triphasil, het geen kinders nie en was nog nie swanger nie. Het ook geen skildklier nie en neem hormone daarvoor.

Ek is nou al so moeg vir al die toetse dis net nie waar nie, maar ek is meer moeg vir die pyn en pynpille help nie, nie eens Synap Forte nie.

Hoop dat u vir my kan se wat die moontlike oorsake kan wees want ek is raadop.

L.


Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo L
Ek kan glo dat jy nou "op" getoets is!
Dit klink vir my baie na een van die volgende neurologiese toestande:
"Mononeuritis Multiplex" sien http://www.nlm.nih.gov/medlineplus/ency/article/000782.htm
of "complex regional pain syndrome" veral omdat dit in die been en in die arm is. 'n Geknypte senuwee sou in die een of die ander wees. Sien ook www.ninds.nih.gov/disorders/reflex_sympathetic_dystrophy/detail_reflex_sympathetic_dystrophy.htm

'n Rheumatoloog of 'n neuroloog mag dalk vir jou meer sinvolle behandeling kan gee - mens sien blykbaar nie veel met toetse anyway nie!
Fisioterapie, vit C aanvullings, antidepressante soos Trepilene of anti-epilepsie middels, TENS elektriese stimulasie behandeling en senuwee blokke mag dalk help. Pynpille sal nie veel doen nie...

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Loerie | 2007/04/11

Hallo daar,

Weet hoe jy voel. Skakel my en ons kan gesels. Het dieselfde probleme gehad.

Nou gesort, nadat dit my duisende rande gekos het wat nie nodig as nie.


(011) 397-6555,

Reply to Loerie
Posted by: L. | 2007/04/10

Ho Dok

Ek het vergeet om te noem dat ek party oggende wakker word met seer en stywe spiere dat dit voel of 'n trein oor my gery het vir geen rede nie dan kan ek skaars loop.

Die pyn in my rug veroorsaak ook dat ek skaars kan loop party maal so seer is dit.

Nogmaals dankie
L.

Reply to L.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement