advertisement
Question
Posted by: Zen | 2007/11/28

Pug met verlamde agterbeen

Hi Doc

My 4-jarige Pug het so 2 weke gelede skielik 'n verlamde agterpoot ontwikkel. Daar was geen sigbare wonde of letsels nie en hy het geen pyn ervaar wanneer ons sy been aangeraak het of beweeg het nie. Die beentjie het net verlam voorgekom, soveel so dat die toontjies onder die voet ingevou het en hy basies op sy tone "geloop" het. Meeste van die tyd het hy op sy boude rondeskuif om oor die weg te kom. Dit het oor 'n naweek gebeur en die Maandag het ons hom na die DBV geneem vir ondersoek. Aanvanklik het hulle 'n pelvis breuk vermoed en later gesê hulle dink dit is 'n werwel wat geskuif het en 'n senuwee knyp vas.

Frankie is 'n baie aktiewe hond wat baie spring en hardloop. By die DBV is hy vir 'n week en 'n half in 'n baie klein hokkie gehou sodat hy nie die been kon beweeg nie - hulle het geglo dit sou dalk beterskap bring. Hy is nou weer by die huis en beweeg rond. Daar is duidelike beterskap - hy loop nie meer op die toontjies nie, maar met tye is dit asof die beentjie onder hom "swik". Die DBV het gesê as die been nie verbeter nie, moet ons dit amputeer of hom uitsit. Behalwe vir die been, is hy 'n baie gesonde hond wat nie oorgewig is nie.

Wat is Doc se opinie hieroor? Hoe lank moet ons die been kans gee om te herstel?

Dankie

Zen

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberVet

Die feit dat daar 'n verbetering is is positief. Is daar 'n moontlikheid dat die hondjie sy knie ligamente geskeur het. Was u na u plaaslike veearts of die toestand te laat ondersoek. Ek sou nie gou die been wou amputeer nie.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement