advertisement
Question
Posted by: Stapies | 2003/02/12

Polymiocitis

Beste Doc.Dankie vir die skrywe.Ek is in Sept.2001 met bg. gediagnoseer dmv n' verhoogde CK van 12000. n' Angio en hartsonar en ekg's is gedoen om moontlike kardiologiese probleme uit te wys maar alles was normaal. Inteendeel die kardioloog was tevrede gewees en het erken dat hy nie meer geweet het wat fout is nie.Daar is toe n' spierbiopsie gedoen,maar dit was op daardie stadium neg. Die neuroloog wat my tans behandel het alleenlik sy diagnose gemaak op my bloeduitslag van n' verhoogde CK en dan ook my fisiese beeld. Op die oomblik wissel my Ck tussen
1600-3000.Ek kan ook gladnie meer n' stel trappe klim nie.Dit raak nou n' probleem as ek lank gesit het en ek moet dan opstaan.Spierpyne is nou ook nie eers meer n' nuwe ding nie.Dis veral seer as ek in die oggende van diens af gaan.My gewrigte begin nou seer word veral my hande.Ons het bloed laat trk vir RF asook vir lupes. Altwee is neg.Ek het Imuran 100mg mane gebruik maar moes agv n' med.fonds probleem toe alle mediekasie staak want daar was nie fondse beskikbaar nie.Soos ek sê die neuroloog wat my tans behandel sê my kondiesie is op die stadium nog die beste vandat hy my begin behandel het.(ek dink n' ander storie)
Waarom word my spiere net alhoe seerder en word dit vir my moeliker om my daaglikse take tekan verrig?
Is daar enige ander toetse wat mens kan doen om uit te vind wat die rêrige probleem is? Kan dit wat ek het dalk geneties wees? Tans gebruik ek Vioxx 25mg bd.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Stapies, gewoonlik gee die spierbiopsie ‘n definitiewe antwoord. Dis moeilik om te sê wat die probleem is sonder om jou te kan ondersoek en toegang tot jou uitslae te hê. Daar is ‘n moontlikheid dat dit as gevolg van ‘n genetiese toestand is, maar ‘n mens sou verwag dat hulle dit met die toetse sal optel. Die mag ook as gevolg van ‘n outo-immuun reaksie wees of selfs ‘n virus. Ek dink die beste sal wees om my by cyberdoc@mweb.co.za te e-pos en dan stuur ek jou meer inligting oor polimiositis. Lees dit en kyk of daar iets is wat op jou van toepassing is. Jy kan my dan kontak in verband met verdere vrae. Sterkte.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement