advertisement
Question
Posted by: TANYA | 2008/01/31

PITSEER - RAADOP

Hallo Dokter. Ek het 'n seuntjie van 6 jaar oud. Hy het as bab ekseem gehad en af en toe kry hy dit nou nog. 3 weke terug het hy 'n pitseer aan die agterkant van sy been gekry. My huisdokter het vir hom antibiotika voorgeskryf en aan ons genoem dat die rede vir die pitseer is, die feit dat hy ekseem het en dat stukkende plekkies dan sekondere infeksie kry. Nou vanoggend let ek op dat daar 3 nuwe plekkies is. Ek het Germolene aangesit en pleisters opgeplak, maar ek is nou moedeloos. Hy is bitter kleinserig en wil nie dat enigiemand daaraan raak nie. Is daar medisyne of 'n tipe bloedreiniger wat ek hom kan gee om te voorkom dat dit weer gebeur? Ek sal u raad baie waardeer.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Tanya
Die goed steek aan! Sit Bactroban op en plak elke een toe. Moenie dat hy handdoeke of waslappe met iemand deel nie. Bad hom met antiseptiese seep soos Protex. As hy ekseem het, sit liberaal bevogtiger aan dat die vel nie bars nie.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

5
Our users say:
Posted by: Anonymous | 2016/06/20

Hi! Ek kry rooi buite in my binne bene en op my boude. Dis nie seer nie en maak nie n punt nie. Dis nie n pitsweer nie. Ek is baie hygienist en gooi baie poeier. Sukkel al baie lank met dit. My pa het dit ook gehad. Enige raad?

Reply to Anonymous
Posted by: Indonette | 2008/04/22

hallo CyberDoc

my man sukkel vreeslike baie met pitsere/bloedvinte. hy kry dit, drink antibiotika en gebruik 'n neus salf, dit gaan dan weg en na 'n maand of 2 kom dit terug? Wat kan dit veroorsaak?

Reply to Indonette
Posted by: Seun | 2008/04/19

Hallo CyberDoc
Ek gaan engels praat want dis meer makliker vir my. I got this (Pitseer) at the back of my neck and I guess its not a pleasant place to have it. How long does it take till it goes away? I can sit upright cause it hurts very much. I will go and try this epson salt thing and that sterk salf and see if it works. But if you have more advice please do give. Dont want to go to the doctor. Am afraid of them :D.. 26 and still dont like doctors. But, I guess you are ok.

Reply to Seun
Posted by: penny | 2008/01/31

ja ek stem saam epson sout is die beste was die pitseer daar mee maak dit sterk met lou water
sterkte

Reply to penny
Posted by: Pitseer-raad | 2008/01/31

Hi Tanya
Ek het self as kind met pitsere gesukkel en daardie tyd het my ma vir my epsom salt gegee om te drink, eenkeer 'n week. Dit is glad nie lekker nie. As hy reeds pitsere het, is dit dalk 'n idee om 'n treksalf (XTRAX), met 'n pleister op te sit en dit twee keer 'n dag te ontsmet en skoon te maak. Dit trek al die gemors uit die pitseer en dan voel die kleintjie sommer ook baie beter. Gee ook vir hom Panado of iets soortgelyk vir die pyn, dit is baie seer

Reply to Pitseer-raad

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement