advertisement
Question
Posted by: Jane | 2008/07/09

PCOS

Wat is PCOS? Hoe word dit behandel? Enige ander wat dit het en van jul stories wil vertel?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Jane
PCOS is polisistiese ovariale sindroom gekenmerk deur die vorming van siste op die eierstokke wat dan lei tot vroulike hormoon wanbalanse wat weer onvrugbaarheid veroorsaak. Daarbenewens word PCOS meestal gekoppel aan insulienweerstandigheid, oorgewig, hoë bloedvetvlakke, die metaboliese sindroom en selfs tipe 2 diabetes. Ek is nie seker watter ingrepe of medikasies deur ginekoloë gebruik word om die siste op die eierstokke en die wanbalans in vroulike hormone en onvrugbaarheid te behandel nie, maar dit sal jou ginekoloog vir jou kan verduidelik. Wat dieet aanbetref, word die insulienweerstand met 'n lae-vet, lae-GI (glisemiese indeks) dieet en oefening behandel. Dit is raadsaam om 'n kliniese dieetkundige te spreek (besoek die Webwerf van die Assosiasie vir Dieetkunde in SA by: www.dietetics.co.za en kliek op "Private Practising" om 'n dieetkundige in jou gebied te vind) so dat sy/hy vir jou 'n baie-lae-vet-, lae-GI-dieet kan uitwerk. Om meer te lees oor die GI, kliek op 'Diet' bo aan hierdie bladsy en 'Weight loss' en 'The Right Approach' en lees die artikels oor die GI. Soms is dit nodig om die insulienweerstandigheid ook met medikasie te behandel, soos Glucophage of selfs diabetiese middels.
Gewigsverlies as die pasiënt oorgewig is, het 'n positiewe uitwerking op die toestand.
Groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement