advertisement
Question
Posted by: P | 2004/12/14

Paul: Jy is 'n draadsitter! - bang vir vrouens?

Ek dog die meeste mense is ook ten minste met verlof, lyk nie so nie.

Ek gaan nie uitbrei, herbevestig wat ek oorspronklik gesê het nie: die situasie wat geskets is deur die dame met haar seun is en bly onnatuurlik.

En ek word aangeval oor onder andere my posisie teenoor die dames geslag in die algemeen en my verhouding met my kinders? Waarvan wie die vaagset benul van het? Maar dit is een manier om die fokus te verskuif.

Ek het 'n wonderlike verhouding met beide my kinders: By beide se geboorte bygestaan, opgestaan en my deel gedoen betreffende doeke ruil en bottels gee. Nes ek my ouers tot met hul dood gesoen-groet het, so soengroet my seun my vandag nog (uiteraard my dogter ook). Na sy studies is hy oorsee waar hy in sy professionele rigting werk (nuwe sa se skuld), en is gelukkig daar, maar vakansies klim hy op die vliegtuig om na sy ouerhuis te kom, waarna ons almal elke keer rykhalsend na uitsien. Met my dogter het ek 'n fantastiese verhouding, haar lewensroeping is om haar medemens op 'n geestelike wyse te dien, ten spyte van haar sterk akademiese agtergrond wat haar 'n sukses in meeste beroepe waarborg. Haar verhouding met haar Ma is gesond, sit gereeld terwyl daar gebad word en gesels vroue-sake. (Ma en seun saambad? Asseblief!!!)
Deur hul skooljare was dit 'n voorreg/plesier/plig om langs alle sportvelde in Suid Afrika heen hul van skool tot op nasionale vlak te ondersteun, ook omrede ek weet hoe dit voel om daar te presteer en nie altyd die ondersteuning van 'n ouer daar te he nie.

My verhouding met dames! Puik. Ek het altyd groot respek vir my Ma gehad en vandag nog as ek 'n gryskop ou tannie sien, verlang ek na haar.
Maar nes mans kry jy dames wat uit lyn uit is.

My akademiese rekord? Hoekom word sulke dinge uitbasuin? Wetende dat die wat dit nie het nie, be-indruk/oorweldig/ge-intimideer word met sulke dinge, they are in awe!! (dalk aanvaar hul die nonsens wat kwytgeraak met sonder teestribbeling?). En hoekom, dis nonsens. Dis soos om finansieel ryk of arm te wees: daar is net soveel mense van edele inbors en opvoeding onder die armes as onder die rykes, onder die rykes kry jy net soveel scrap soos onder die armes. Akademiese geleerdheid maak nie van jou 'n beter mens nie, jou kennis verbreed en jy kry meer insig, in die proses raak jy dalk gedissiplineerd, maar ook nie noodwendig nie, dis wat in jou is wat tel, jou vormingsjare voeg daarby, maar dit wat in jou is, sal te voorskyn kom.

Soos anderdag gese, enige Ma en seun (8 -11 jaar van ouderdom, en ons doen dit tot hy eendag nie meer gemaklik daarmee voel nie??!!) wat mekaar nog kaal sien/saam bad ens. Dit kan nie normaal en reg wees nie. En as mens se jy is 'n nudis, (wat net so vreemd is vir my) dan is dit vir daardie rede amper aanvaarbaar, maar andersins, is dit nie 'n gesonde situasie nie. Maar mense is geneig om iets te ondersteun, as hul vir watter rede ookal, in dieselfde bootjie is.

Ek gaan nou verder vakansie hou. Cheers Paul. Geniet dit wanneer jy daarby uitkom.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberShrink

,,,,,

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

3
Our users say:
Posted by: louise | 2004/12/17

P, ek respekteer jou en Paul se gevoelens teenoor die grootmaak van kinders. Dis elke ou se eie saak. As die bure dink dit is onnatuurlik, dan moet hulle dit maar anders doen. Wie weet wat is "reg" en "verkeerd"? Doen wat vir jou reg voel, en vergeet van die res. Niemand het die reg om jou 'n "bitch", "weird" ens. te noem nie. DIS waaroor ek gekritiseer het oorspronklik.

Bly vir jou as jy voel jou verhouding met jou kids is wonderlik. Hoekom het jy genoodsaak gevoel om te verduidelik? Ek het my opinie gegee, dis al. Soengroet - good for you. Ek dink jy het dit spesifiek opgehaal omdat die meeste mense (nie ek nie) dink dat DIT weird is. Nie baie seuns soengroet hulle pa's na die ouderdom van omtrent 6 nie, want dan is jy 'n "moffie". Ek dink ook nie baie pa's moedig dit aan nie. Persoonlik dink ek dis great. My seuns doen dit ook.

Respek vir jou ouers is belangrik. Jou ma is nie die enigste vrou in jou lewe nie. Ek het verwys na vrouens oor die algemeen, nie ma's of dogters nie. "Nes mans kry jy dames wat uit lyn uit is." 'n Piepklein erkenning dat ek miskien reg is? Fokus verskuiwing?

Soos ek voorheen gesê het, elkeen het die reg om sy kinders groot te maak soos wat hy goed dink. Wie is geregtig om 'n oordeel te fel? Wat vir jou nie "reg" of "normaal" voel nie, is vir my heeltemal normaal, en andersom.

Ek het dit daarteen dat mense uitgeskel word vir waarin hulle glo. Dit gaan nie oor ondersteuning oor mens "in dieselfde bootjie" is nie. Ek IS nie net nie. Ek KIES om te wees.

Anyway, ek respekteer dat jy van my verskil. Dit sou blerrie boring gewees het as almal altyd saamgestem het oor dinge, dan nie?

Lekker vakansie hou en kom uitgerus terug.

Reply to louise
Posted by: Okie | 2004/12/14

Al hierdie akademiese hoogdrawendheid just makes me wanna go press some pimples...

Reply to Okie
Posted by: Paul | 2004/12/14

Lol, Ja dit kon erger gewees het kon dit nie. Paul jy is 'n draadtrekker.

Anyway, ek speel maar liefs veilig for hell has no fury than a woman scorned.

Ek stem saam dat dit onatuurlik en heel moontlik ongesond is vir 'n ma om so met haar seun te op te tree. Ek sou dit nie aanvaar het as dit my vrou was nie. Maar elke mens het die reg om sy / haar kind groot te maak soos hulle voel dit is reg.

Niks fout met nudiste nie, my opinie. Geniet jou verlof P en moenie worry nie, as ek uiteindelik gaan gaan ek ordentlik.

Reply to Paul

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement