advertisement
Question
Posted by: Mario | 2007/07/30

Pasta

More Doc

Ek wil graag weet wat is die beste pasta om by 'n lae vet - lae GI eetplan in te sluit. Ek is baie lief vir pasta en wil dit so eenkeer 'n week by my eetplan insluit, net om dinge 'n bietjie interesanter te maak.

Ek het altyd volgraan pasta gekoop, maar deesdae is dit baie skaars en ek kry dit nerens. Ek sien op die webwerf praat hul van "protein-enriched spaghetti" maar ek is nie bekend met hierdie pasta of maak of waar om dit te kry nie.

Enige ander voorstelle?

Dankie en 'n wonderlike dag

Mario

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Mario
Dankie vir die goeie wense - hoop jy geniet ook die dag. Eintlik kan jy enige pasta wat met sg. "Durum-meel' gemaak is gebruik, aangesien dit 'n lae GI het dit staan gewoonlik op die etiket 'Made with Durum flour'. Kyk ook op die etikette van pastaprodukte of eier bygevoeg is want dit verlaag ook die GI. Onthou ook dat as jy maer vleis, vis en groente of vetvrye maaskaas by pasta voeg, dit die GI verder verlaag.
Geniet jou pastadisse
Groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Hanlie | 2007/07/30

Ek het ook gewonder oor die enriched pasta, miskien is dit "spaghetti with egg"?
Ek verstaan ook nie lekker hoekom vermicelli en fettucine nou kastig laer GI is as spaghetti nie, dis tog net die vorm wat verskil?

Reply to Hanlie

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement