advertisement
Question
Posted by: Blondie | 2004/11/03

Paniekaanvalle en Nuzac.

Ek het omtrent 8 maande gelede vir jou geskryf en vertel van hierdie paniekaanvalle wat ek gekry het wat so erg was dat ek glad nie êrens heen kon ry nie. Ek het toe Nuzac begin drink, een elke dag en is wonderbaarlik van omtrent al my fobies en definitief van my fobie oor ry en my paniekaanvalle genees. Ek het ook glad nie enige medikasie gebruik nie, en 'n helse fobie daaroor ook gehad, maar vandat ek die Nuzac drink is ek omtrent 'n ander mens. Ek ry duisende kilometers sonder enige paniekaanvalle ens. Ek wil weet of ek Nuzac die res van my lewe moet gebruik, kan ek geleidelik daarmee ophou, kan ek verslaaf raak daaraan, verander dit nie die chemiese samestellings in jou brein nie? Ek wil net NOOIT weer 'n paniekaanval kry nie, maar ek voel ook nie om die res van my lewe pille te gebruik nie. Wat moet ek doen? My lewe is regtig nou wonderlik, en ek sal dit graag so wil hou maar sonder die pille. Baie dankie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Blondie, die veiligste sal wees om dit waarskynlik vir tenn minste 5 jaar te drink en dan geleidelik daarvan af te probeer gaan. Fluoxetine is so veilig dat baie vrouens dit a reg deur hulle swangerskap gedrink het en die babas het niks oorgekom ie. Die sal ook glad nie you brein se samestelling verander nie (dit verander net die serotonien vlakke terug na normaal) en dit is nie verslawend nie. Sterkte.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement