advertisement
Question
Posted by: Skaametjie | 2006/07/15

Ou wonde op bene bly seer

Hallo daar!

Ek skryf namens my man. Hy het ongeveer 4 jaar terug 'n motorfiets ongeluk gehad en het sy bene seergemaak. Die wonde het genees, maar hy kry 'n rooi uitslag rondom die merke (wat blou is). Di droog dan uit en jeuk verskriklik. Dan vorm dit 'n kors. Wanneer hy bad is die merk bloedrooi en kom stukkend voor. Dit lyk somtyds asof daar sig uitloop.

Hy is 'n vlugbalspeler, maar weier om sonder lang sokkies te speel omdat hy skaam is. Hy was al verskeie kere by 'n dermatoloog. Eerstens was aanbeveel 'n salf soos voorgeskryf gebruik. Hy kan nie die naam onthou nie. Toe dit nie werk nie het die dokter aanbeveel dat hy sunlight dishwashing liquid gebruik!!?? Dit het geen uitwerking gehad nie. Daarna was hy Dovate salf gegee om vir twee weeklikse periodes te gebruik. Sy vel is reeds baie dun op die geaffekteerde dele. Hy word aanhoudend zinc ointment met Castor olie gegee om aan te smeer. Niks wil help nie en geen verbetering kan gesien word nie.

Wat moet hy doen? Wat makeer sy bene? Help asb!

Dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageArchive

Ek aanvaar dat jou man littekens het. Indien daar 'n uitslag wat rooi en jeuk om die littekens is, moet mens dink aan kontak ekseem. Dit is ekseem agv iets wat aangewend word. Staak alle aanwendings. Mens sou kon voortgaam met slegs 'n vogroom. Dovate kan die situasie vererger en moet dadelik gestaak word. Indien die probleem vererger of voortduur, kry 'n tweede opinie.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Skaametjie | 2006/07/17

Baie Dankie Dok!

Kan u dalk 'n vogroom aanbeveel. Hy is nou sommer bang om enige iets te gebruik.



Reply to Skaametjie

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement