advertisement
Question
Posted by: Oom K | 2007/02/27

Ou kat

Hi,

Ons het 'n kat van 16 jaar oud asook het ons het kat van 1 jaar oud. Die afgelope ruk begin die ou kat baie snaaks optree. Hy is ewe skielik baie meer lewendiger, soek baie meer aandag. Asook hy sal rond dwaal in die tuin en vreeslik meow... Dit is 'n aaklige geluid. Wat kan fout wees? Albei katte is mannetjies en kom baie goed mekaar oor die weg. Albei katte kry ewe veel aandag... Die ou kat meer as die jong een, aangesien die jong een nou op die staduim is om te gaan rond kuier. Wat kan ons doen?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberVet

Dit kan 'n geval van seniliteit wees. Daar is kos beskikbaar vir katte (en honde) wat ouer diere beter laat voel and reageer. Vra asb u veearts vir verdere inligting. 'n Brein diet is wat hy dalk nodig het.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

3
Our users say:
Posted by: Shadow | 2007/03/06

Daar is een soort van miaau wat ek die "kinders, kom eet" miaau noem. My katte maak dit as hulle iets gevang het en roep dan vir my en die ander katte om die trofee te kom inspekteer. Dit klink nogal aaklig, so 'n hol geluid. Miskien het jou ouman die jongetjie aangeneem as sy kind en probeer hom leer jag en vir hom kossies uitwys in die tuin!
Maar soos die dok se, seniele ou katte sit so en praat met die mure en deure, so dit kan moontlik dit wees. Maar dit sal nie die verhoogde energie verduidelik nie. Ek dink die jong kat se teenwoordigheid is dalk goed vir die ouman.

Reply to Shadow
Posted by: Oom K | 2007/02/28

Albei die katte is reg gemaak... My man het ook gespot en gese die kat het nou 'n "mid life crisis" Snaaks genoeg die vreeslike meow storie gebeur wanneer die jongste in die omtrek is. Vanoggend was dit weer vreeslik erg. Hulle albei was in die agtertuin en ou man het ewe skielik begin met sy strek!

Reply to Oom K
Posted by: SUN | 2007/02/27

Ek kry sommer groot lag toe ek lees dat die ou kat nou ewe skielik meer lewe het - dalk het hy nou 'n mid life crisis oor daar 'n jonger kat by is wat sy ego krenk! Maar grappies opsy - ek weet nie hoekom hy lewendiger optree nie en meer aandag soek nie - dalk is hy jaloers maar die gemeowery- my ou kat het so gesit en meow in die gang veral in die middel van die nag - ek dink dit het iets te doen met ouderdom en "seperation anxiety". Ek het dan met haar gepraat en sodra sy geweet het ons is naby het sy stilgebly.
Is altwee die katte reggemaak? As die jonger meneer begin rondloop en minder tyd by die huis spandeer soek die ou kat hom dalk en gee sulke hol meows om hom te roep.

Reply to SUN

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement