advertisement
Question
Posted by: Zettie | 2007/06/06

OSTEOPOROSIS

Ek het verlede jaar in die Huisgenoot gelees dat jy 500ml bier per dag moet drink om jou beendigtheid te verbeter. Maar een van my vriende was onlangs in 'n ongeluk en het sy arm gebreek. Sy dokter het vir hom gesè om iets te neem vir sy bene, en dat hy moet ver wegbly van bier. Wat is nou die waarheid? Help dit of help dit nie? Daar is ook gesè dat vroue wat alkohol matig gebruik, se beendigtheid beter was as vroue wat glad nie drink nie. Ek drink nie, en het osteopenia. Wat moet 'n mens nou eitnlik glo? Ek neem op die oomblik Osteobon en calcibon as kalsium aanvullings. Ek is tans 37, en gaan elke jaar vir 'n beendigtheids toets.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Zettie
Dis raar maar waar:
"An analysis of data from the Framingham Offspring Study suggests that men can improve bone mineral density (BMD) with moderate consumption of beer, while women gain a similar benefit from moderate consumption of wine. The theory is that beer may benefit bones because it contains silicon, which has been shown to promote bone health. Wine, on the other hand, is rich in phytochemicals, which also may benefit bones."

Die volume wat hulle getoets het was 1-2 glase bier vir mans ( maar dit maak vet!) en 1-2 glase wyn vir vrouens. Oormatige alkohol onderdruk egter die selle wat been maak en dis waarom die dokter vir jou vriend gese het hy moenie bier drink nie!

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement