advertisement
Question
Posted by: Osteoom | 2004/01/19

OSTEOOM

Geagte Dokter,

My seuntjie van 2jaar en 6 maande het 'n osteid osteoom in sy R-femur. Ons wil graag meer informasie hê aangaande 'n osteoom (nie kwaadaardig).
Ons het hom al by 3 spesialiste gehad aangaande die probleem, want hy het geweldige pyn. Lotum is voorgeskryf vir die pyn. Hy drink omtrent 4 maal 'n dag 5ml Lotum, ons is baie bekommerd daaroor en is bang vir nagevolge van die Lotum. Myprodol is ook voorgeskryf, maar ons kan dit net op voorskrif kry en kan dit nie altyd in die hande kry nie. As u dalk weet van die "engelse" naam of beskrywing en waar ons kan soek om meer duidelikheid hieroor te kry. Dit is nou al vir meer as 8 maande wat my kind pal op pyn medikasie is en dit raak vir ons 'n GROOT probleem.

Baie dankie.
N.Beukes

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Osteoom, die Engels is osteoid osteoma en die behandeling daarvan is chirurgie. Lotem® doen dieselfde as Myprodol® en dit bied slegs simptomatiese verligting. In die langtermyn mag dit mag en nier probleme veroorsaak. Laat weet maar as julle nog vrae het. Sterkte.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement