advertisement
Question
Posted by: CAH | 2007/02/21

Osteoites Pubis, Osteomylites, ens

Ek is verlede jaar met Osteoites Pubis, Osteomylits en Ankiloserende Spondolites gediagnoseer. Ek was regtig baie siek - alles is egter nou onder beheer. Is daar sekere toetse wat gedoen moet word om dit onder beheer te hou? Drink tans medikasie en het net gewonder of dit nou my lot gaan wees en of ek dit een of ander tyd sal kan los - anti-inflamatories tablet, slow-k, slow-mag. Die anti-inflamatories tablet lei egter tot 'n vog probleem en daarvoor drink ek Puresis. Is daar enige voorsorg maatreëls wat ek kan volg?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo CAH
Nee jy kan nie eintlik iets doen om dit te voorkom nie. Ek dink net jy moet vir gereelde opvolge gaan, verkieslik by 'n rheumatoloog sodat hulle dit betyds kan behandel as daar 'n opflikkering is. Slow K en Slow Mag sal nie skade doen nie, jy moet net dat jou GP so nou en dan kyk of jou UKE (soute in die bloed) reg is, want te min of te veel slow K kan mens siek maak. Piroxicam ( Feldene) mag dalk minder vog terughou?

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement