advertisement
Question
Posted by: cah | 2006/11/11

Osteoites Pubis

Ek het sedert Augustus 2006 Osteoites Pubis. Liggaam het in hospitaal nie op antibiotika reageer nie. Antibiotika is verander en daar was vordering. Is ontslaan en het nou vir die 3de keer al Purbac gebruik. Voel egter goed tydens die gebruik, maar sodra ek dit los voel ek baie sleg. Is dit maar die uitwerking van hierdie soort medikasie? Ek het egter ook vir pynblok inspuitings onder narkose gegaan - en die pyn is 100% beter. Bloedtoetse bly egter versleg. Is dit maar net 'n lang proses? Ek ondervind ook ongelooflike waterterughouding gedurende en na die gebruik van die medikasie. Indien ek nie 'n waterpil drink nie tel ek in 3 dae 10kg op, maar sodra ek dit drink verloor ek dit binne 48 uur. Bogenoemde put my emosioneel uit - wil net hoor of daar wel hoop is dat dit sal beter gaan. Ek wel opgelees dat dit tot 7 maande kan neem vir herstel - is dit waar? Groete CAH

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo CAH
Het jy osteïtis of osteo miëlitis?
Eersgenoemde is net inflammasie van die gewrig en spierspasma - tweede is infeksie in die been. Dit klink vir my eerder of dit die OM is?
Purbac kan nierskade veroorsaak en die simptome van swelling pla my nogal. Vra jou dokter om net jou nierfunksie te check?
OM kan baie lank neem om te genees - tot 18 maande!

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: CAH | 2006/11/14

Ek het beide. Die Dr by wie ek is het gevra of my niere ok is. Ek word nou weer opgeneem sodat hul vog kan trek om te kyk of hul 'n positiewe kweking kan doen. Sal dan ook weer bloed trek om te kyk of die res darem nog ok is. Baie dankie vir die terugvoer. 'n Mens raak maar net moedeloos as jy nie gesond word nie. Dit voel soos 'n kankerstryd wat jy alleen moet beveg!!!!

Reply to CAH

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement