advertisement
Question
Posted by: Karin | 2007/07/25

Oratane 20mg

Ek is 38jr oud en was by 'n dermatoloog omdat ek groot rooi knoppe op my vel kry wat ongelooflik seer raak en dan agterna 'n vlek los. Hy het my vir 6 mnde op Oratane 20mg tablette gesit, 3 tablette saans en ook Creme Classique Facial Wash, Creme Classique Acne 5 Gel en Creme Classique Safari Day & Night Moisturiser. Ek gebruik dit al 11 dae maar al wat gebeur is dat my gesig geweldig droog en branderig is veral as ek klaar gebad het en die room aangesmeer het. Hy't gese ek mag geen ander room aansmeer nie maar die gebrand saans maak my mal. Het jy enige raad en gaan my vel ooit beter raak? Mag ek darem gewone vogroom op die res van my lyf smeer>

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Karin

Dankie dat jy health24.com besoek het.

Oratane is vir ses maande voorgeskryf en sal eers jou vel se toestand versleg, voordat daar verbetering getoon sal word. Ek stel voor dat jy die Dermatoloog vra of jy die room met Aquasroom kan verdun, om sodoende die branderigheid, asook die droe vel te behandel.

Jy kan definitief ander room op die res van jou lyf kan gebruik.

Verwittig my asseblief wat die Dermatoloog voorgestel het.

Groete

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Karin | 2007/08/01

Dankie vir u antwoord. Kon slegs met die ontvangsdame gesels. Mag wel meng met Aquas room maar het dit probeer en dit brand steeds. Ek moet erken dat dit al beter gaan. Dis net soms wat my gesig erg brand, veral op my voorkop en langs my neus. Het gaan salf kry vir my neus wat binne droog is en Apteker kan nie verstaan waarom die Dermatoloog my op Oratane gesit het nie. Ek het glad nie 'n slegte vel nie, dis net die drie knoppe op my regter wang wat omtrent elke drie maande uitkom. In elk geval, weereens baie dankie vir u hulp, ek waardeer dit opreg.

Reply to Karin

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement