advertisement
Question
Posted by: Wilna | 2007/04/08

opvolg op my vraag, bloeddruk

Ek het so bietjie gaan oplees oor bloeddruk. Ek het gesien dat dit mens se niere kan aantas en dit het my laat wonder...so drie weke gelede het ek die oggend wakker geword met n geweldige maagpyn. Ek kon glad nie opstaan nie en later het dit vir my gevoel asof my lewer gaan bars, my maag was verskriklik opgeswel, die pyn het omgetrek na my rug toe, dit het verskriklik gepyn, my lyf was ongelooflik seer en ek het gedink ek het maar griep. Ek was vir drie dae in die bed gewees, snaaks genoeg niemand anders in my huis het siek geword nie. Kan dit dalk iets met hoe bloeddruk temake he. Kan u my asseblief hiermee help
Dankie
Wilna

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Wilna
Nee, dit sal nie agv bloeddruk wees dat jy hierdie simptome gekry het nie, bloeddruk kan egter die nagevolg van niersiekte wees. Miskien sal dit goed wees as jy jou dokter vra om jou nierfunksie te toets.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement