advertisement
Question
Posted by: Keen | 2007/03/23

Opvolg

Hallo Dok

Ek was toe by my Uroloog (by Loius Leipoldt) oor my pyne op die blaas. My urine is silwerskoon sê hy. Hy het my prostaat ondersoek en weer sonar geneem van die niere, blaas, testis. Hy vermoed inflammasie in die blaas / nie bakteriele prostatitis. Ek kan 'n pynpil en trepiline 10mg in die aand gebruik. Hy het gesê as dit nie verbeter in 2 maande nie sal hy 'n sistoskopie moet doen. Dok, ek sit nou al amper 'n jaar met die probleem en was al 3 keer by hom. Ek voel dat ek liewers dalk 'n ander uroloog moet gaan sien...of ek moet vra of hy nie dadelik maar die scope kan doen nie? Dieselfde pyn op my blaas kry ek ook aan die regterkant van my maag (branderige gevoel) asook onder die regter ribbes) Ek sien die gastro dok oor twee weke. Iets voel net vir my asof die maag en blaas probleem gekoppel is aan mekaar...Ek het H pylori wat nog nie dood is nie...kan dit dalk die probleem veroorsaak?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Keen
Jy mag natuurlik 'n tweede opinie kry! Vra net vir jou uroloog se ontvangsdame of jy asb 'n afskrif van al jou toetse en goed kan kry want dan hoef jy nie vir duur dubbele ondersoeke te ondergaan nie. H Pylori sal nie jou blaas aantas nie. Die gastroenteroloog moet ook mooi na jou dikderm kyk - dalk is dit nie die blaas OF die maag nie!

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement