advertisement
Question
Posted by: Markie | 2004/01/19

Ophou rook

Doc
Graag wil ek ophou rook -het gehoor van Zyban. Ek sien nie kans om na my eie dokter toe te gaan nie maar wil graag Zyban gebruik om my te help. Omdat my dokter nie mag weet ek rook nie - wil ek hoor wat kan ek doen om gehelp te word.Ongelukkig is ons vriende met my dokter en ek in 'n klein dorpie bly - ek rook nie voor ander en niemand behalwe my man weet dat ek rook nie. Ek wil regtig baie graat ophou en soek dringend hulp - kan u my help asb.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Markie, die maklikste sal wees om ‘n ander dokter te gaan sien en hom te verduidelik wat jou probleem is, want jy kan dit nie sonder ‘n voorskrif kry nie. Sterkte.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

3
Our users say:
Posted by: cornelia | 2015/07/02

Hi ek is 27 weke swanger met n tweeling ek wil graag op hou rook want ek is baek is bang daar gaan iets gebruie met my babas is my 1ste keer wat ek swanswanger is

Reply to cornelia
Posted by: Vonite | 2004/01/21

Hi Markie.
Om op te hou rook is een van die beste maar moeilikste besluite wat enige roker kan neem. Vra my - ek het na 19 jaar!! besluit tot hier toe en nie verder nie. Dit is wel nog net 21 dae - maar dit is 'n hele 21 dae wat ek vir die eerste keer in baie jare rookvry deurgaan.
Oor die Zyban. Ek glo dit is fantastiese medikasie wat vir die regte persoon van wonderlike hulp kan wees. Maar glo my vandag: as jy nog nie ("in jou kop") gereed is om op te hou rook nie, sal geen medikasie, dokter, kwaksalwer, sangoma, hipnose, dreigemente, foto's van rookbesoedelde longe, of wat ookal van enige hulp wees nie. 'n Maand gelede het ek nog gese dat ek glad nie lus is om op te hou rook nie omdat dit vir my vreeslik lekker is. 'n Paar dae later het ek een en 'n halwe pakkie sigarette vir iemand anders gegee en nog nie weer aan 'n sigaret gevat nie!
Baie baie sterkte.

Reply to Vonite
Posted by: ciska | 2004/01/19

HI.

Ek weet jy het nie hierdie brief aan my gerig nie, maar ek wil graag antwoord. My vriendin moet ophou rook omdat sy swanger is en het gaan raad vra. Dis as volg:

- bly weg van enige kaffien,
- bly weg van peppermente; 'n mens eet dit mos gewoonlik as jy klaar gerook het en nie wil he mense moet jou asem ruik nie,
- elke keer wanneer jy lus is vir 'n sigaret, eet chappies of suig 'n stokkielekker.

Ek weet dit klink dalk stupid of outyds, dalk kinderagtig, maar dit werk soos 'n bom. Dis net 'n goedkoper manier as om pille en dinge te gaan koop. As dit nie werk vir jou nie, kan jy vir die apteker gaan vra wat hy/sy dink is die beste. Jou dokter of ander hoef dit glad nie te weet nie. Jy moet ook die wilskrag he om op ge hou, anders gan dit nie eens help dat jy probeer nie.

Sterkte. Ek hoop jy kry dit reg!! Dis 'n moeilike ding.

Reply to ciska

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement