advertisement
Question
Posted by: Totaal Desperaat | 2007/06/19

Ophou Eet

Mense, iemand moet my help asseblief! Ek het net so 6 - 10 kg om te verloor maar ek KRY DIT NIE REG NIE! Ek is al so moedeloos ... elke Maandagoggend begin ek met 'n nuwe plan van aksie ... net om teen dieselfde aand weer oorboord te gaan! Ek oefen elke aand 5 km op my treadmill maar ook dit help nie. Ek sit met 'n dik rol om die middel en my bra's en panties druk ... ek het al gewonder of ek nie heeltemal moet ophou eet nie. Hoe lank kan 'n mens aan die lewe bly sonder om iets te eet? My kaste hang vol nr 10 klere maar my nr 12 's druk my half dood! Is daar nog mense wat soos ek voel? Motiveer my asseblief en gee my asseblief raad!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Totaal Desperaat
Moet asb NIE op 'n eetstaking gaan nie - dit kan gewigsverlies teenwerk, tot voedingsgebreke lei en selfs eetafwykings veroorsaak soos anoreksie (iets wat jy moet vermy). As jy net nie by 'n gebalanseerde verslankingsdieet kan hou nie, dan wil ek voorstel dat jy 'n soektog op die Web doen vir die firma 'Innertalk' (probeer met Google). Innertalk verkoop CDs wat help om jou te motiveer om met jou dieet en/of oefenprogram te volhard. Vir daardie rol rondom jou middel wil ek voorstel dat jy vir Fitness Doc op hierdie Webspasie vra vir oefeninge wat daardie dele teiken ("sit-ups", ens). Jy kan 'n gebalanseerde, lae-vet, hoë-vesel-dieet probeer wat al die voedselgroepe insluit (kliek op 'Diet' en 'Weight loss' en 'The Right Approach en 'Slimming Diet' vir 'n voorbeeld daarvan) en dit kombineer met jou oefening. Laasgenoemde sal wel help as jy dit elke dag vir 30 minute of langer doen.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

5
Our users say:
Posted by: DIT WERK | 2007/06/20

Weigh-Less

Reply to DIT WERK
Posted by: Monique | 2007/06/20

Hi dames... ai sit ons almal ni in die selfde bootjie nie! Ek het heel moontlik n andwoord vir jul... Sure Slim! Moet se dit werk regtig! Ek was al van te vore op diet (maar het ander komplikasies gehad en ek moet van die diet afgaan)... ok wag dis n leefstyl! En dit werk.. ek het sopas weer begin! Jy gaan in, doen n kolsultasie trek bloed en hul stel vir jou n eetplan bymekaar! niks aspersies op rogbrood en wat ookal sleg maak wees nie! normale kos... normale posies! ek is tans op n 5maande 20kg (wat ek wil verloor) program en dit werk my R180 per maand uit! Asb probeer dit! DIT WERK! Regtig! Asb gee my terugvoering as jul dalk n ander plan het!

Reply to Monique
Posted by: AB | 2007/06/20

Ek het nogal dieselfde probleem. Is 1.63 m en moet baie meer as net 7 verloor. Ek wil graag 57kg weeg maar staan huidiglik op 72kg.
Ek het so week en 'n half terug met weight watchers begin. Die boekies gekoop en ek doen nou my ding van die huis af. Ek tel punte en dit gaan op die oomblik goed met my. Ek het in die eerste week 1.2kg verloor. Hoop om nog 'n halwe af te skud teen die einde van die week. Die verlies is stadig maar op daai manier weet ek dat dit nie net vog is nie.
Die lekker van WW is dat jy alles kan eet, die keuse hang van jou af, en as jy oefen kry jy meer punte wat beteken meer kos. Lees maar bietjie op. Ek sal julle laat weet of dit werk.

Reply to AB
Posted by: TANIA | 2007/06/20

Nou voek ek nie meer soos 'n "freak" nie. Toe ek die briefie lees van Totaal Desperaat, is dit asof ek dit self geskryf het. Ek was al op die lae-vet dieet, die sop dieet, die Atkins (waarop ek nou weereens is, maar op die einde van die aand vang ek myself met 'n sny brood in die hand). U name the diet, I did it. Ek is 1,62 m lank en weeg 64 kg. Ek wil so graag net weer 57 kg weeg sodat ek met gemak in my nommer 12's of dalk net in my nommer 10's kan pas. Ek het soveel nuwe klere in my kas waarin ek net nie pas nie. Ek gaan verdomp nie nuwes koop net omdat ek 'n size groter is nie. Ek weier eenvoudig. Maar ek probeer elke dieet. Sonder sukses. Atkins werk vir my, maar ek raak verveeld met al die vleis. Ek hou van groente, maar eet ek lae vet en gesond, gebeur daar rerig niks. Dan gaan ek maar terug Atkins, kners tande deur elke maaltyd en kry darem 'n oomblik van sukses. Waar sal my hulp vandaan kom? Ek stagneer op 'n simpele 64 kg en dit maak my mal. Net 7 kg om te verloor, maar sien ek daai skaal trek minder, NEEEEEEE. Wat gaan met my liggaam aan? As hy net snuf in die neus kry van my wat wil dieet, skop hy in overdrive en klou vas aan daai vetjies vir 'n vale. Ek het 'n wonderwerk nodig. Laat weet my GROOT ASB van een.

Reply to TANIA
Posted by: chantelle | 2007/06/20

hi daar, ek's so bly daar's nog iemand wat soos ek voel. Soms weet ek nie meer watter kant toe nie. Ek weet ook nie meer of ek moet eet of nie, want al eet ek meeste van die tyd gesond en min tel ek nog steeds gewig op. Ek het ook al daaraan gedink om op te hou eet. Maar wat gebeur as jy weer begin eet nadat jy miskien die kilo's verloor het. Sal die gewig weer terugkom. Ek oefen ook elke dag 'n uur maar die gewig wil net nie af nie. Hoe lank is jy en hoeveel weeg jy. Ek is 1.59m en weeg ongeveer 57kg, maar wil baie graag so 52kg weeg. Hoe gaan ek die 5kg afskud.

Reply to chantelle

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement