advertisement
Question
Posted by: Mariolane | 2007/05/06

Oorwerk

Daar is so baie adviseurs wat die "regte" advies kan gee wanneer dit gaan oor mense wat oorwerk, ongelukkig, moedverlore, ag en vele meer, is. Maak sus, maak so. Doen dit, doen dat. Die probleem lê mos by "onsself". Dit is ONS wat die situasie moet aanspreek en regstel. ONS moet die werk by die werk los, en die huis by die huis. Sulke advies vir die probleme het nie van gister af by my ore uitgekom nie, maar jare al. JA, ek weet dat dit ek is wat myself elke keer in die situasie laat beland waar ek so ongelukkig raak dat ek nie meer kans sien om aan te gaan nie, want ek hou daarvan om dinge gedoen te kry en mense gelukkig te maak. Van die vrae wat beantwoord moet word is: hoe gaan ek te werk om dan MINDER by die werk te doen as wat ek die afgelope jaar gedoen het EN teen dieselfde vergoeding, hoe hou ek nog steeds die werkgewer gelukkig en die dissiplinêre prosedure en waarskuwings uit my leêr uit, hoe kry ek dit reg dat my kollegas my nog in dieselfde lig sien en my nie uitkryt vir 'n kansvatter nie, hoe kry ek dit reg om te slaap en my nie te verknies oor die werk wat nog nie gedoen is en voorlê nie, hoe sluit ek myself "af", hoe, hoe en nogmaals hoe verseker ek dat ek dan nog steeds my werk sal behou wanneer ek al hierdie dinge met die werkgewer gaan bespreek in die hoop om dit te verbeter en HOE op dees aarde kry ek dit reg dat dit verstaan sal word vir dit wat dit is en dan reggemaak te word. Ek is al te veel hierdeur met teleurstellende nagevolge om nog positief te wees dat ons nie meer in 'n autokratiese bewind leef nie, en dat daar prosedures in plek is om "unfair labour practise" uit te wis, wanneer ek weet dat dit nie EK is nie, maar die omstandighede waarin ek myself bevind. Graag wil ek hê dat julle moet verstaan dat ek nie bang of lui is om te werk nie, ek het net nie meer die krag om teen al die negatiewe te baklei nie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageWorkplace health expert

Mariolane - I would dearly like to assist you and offer some advice. I have read your message and tried to pick up the just, yet am not confident that I have all of it. Overworking and carrying all of the load is always dangerous in the long run p will lead to negative feelinhgs and burnout. You need to say 'NO' and set boundaries. delegate,, be assertive, not confrontational and prioritise according to your needs and time constraints. Please write again if I have missed some things?

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement