advertisement
Question
Posted by: Champagne. | 2009/11/25

Oorinfeksie.

Beste Dok Bets.

BAIE lanklaas hier kom inloer! Hoop als gaan nog goed? Sien dok doen nog dok se ding hier en sien ook dat die mensies die diens baie waardeer. Ons sit nou in NZ. Amper 10 maande al. Verlang maar huis toe en veral na die lekker weer. Wellington is onnodig koud en winderig. Dis nog middel winter hier . . .

Elk geval.

Ek het vandag klaargemaak met ' n kurses antibiotika vir longontsteking. Ek was 5 of 6 dae in die bed, maar behalwe vir ' n hoesie nou en dan is dit, blyk my, iets van die verlede. Dit was ' n twee weke kurses, met twee verskillende pille.

Laas Vrydag het ek eensklaps ' n oorinfeksie ontwikkel en is Sondag dokter toe daarvoor. Sy het my antibiotiese druppels daarvoor gegee, maar dit raak nie beter nie. Ek is duiselig, soms naar, kan haas niks aan daai kant hoor nie en hoor my hartklop in die oor. Harde geluide laat my ineenkrimp want dit klink soos water wat loop of vet wat braai in my kop. Dis soms pynlik, soms effe jikkerig en die sonbesies sing hard en aanhoudend!

Dis baie vreemd. Ek het al baie middeloorinfeksie gehad maar die' s heel anders. Die simptome het nog nie verbeter van Vrydag af nie, inteendeel.

Dis regtig ' n goor gevoel, en dit net na ek herstel het van longontsteking. Gaan dit nog lank so aanhou? Om te stort is omtrent ' n drama! Ek let dat water dit erger maak. Nie noodwendig die natgeit daarvan nie (dit ook) maar ook die geluid. Harde geluide (soos die vacuum) maak my ekstra dronk en naar.

Ag help tog dok? Baie dankie! En lekker aandjie!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Champagne
Jy het waarskynlik ook infeksie in die middeloor wat die balans sentrum aantas. Het hulle gekyk of jy vog in die middeloor het? Dit mag dalk help om 'n dekongestiewe neusdruppel te gebruik om die dreinasie deur die eustachius buis ( agterkant van die neus wat met die oor verbind) aan te help. Jy kan ook iets soos Valoid/serc/stugeron gebruik vir die "sonbesies" en die dronkheid, naarheid tee te werk.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: cyberdoc | 2009/11/25

Hallo Champagne
Jy het waarskynlik ook infeksie in die middeloor wat die balans sentrum aantas. Het hulle gekyk of jy vog in die middeloor het? Dit mag dalk help om 'n dekongestiewe neusdruppel te gebruik om die dreinasie deur die eustachius buis ( agterkant van die neus wat met die oor verbind) aan te help. Jy kan ook iets soos Valoid/serc/stugeron gebruik vir die "sonbesies" en die dronkheid, naarheid tee te werk.
Dr Bets

Reply to cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement