advertisement
Question
Posted by: depressief | 2006/07/25

oorgewig

ek wil graag weet ek is insulien teenstandig en het baie gewig opgetel ek praat van 40kg oorgewig ek het al elke dieet en hongerly ding gepropbeer ek verloor 5kg maar dan tel ek dit net weer op en die ergste is dat dit gebeer terwyl ek nog op die dieet is! Ek is moeg daarvoor om die oogpunt van dikkes te wees ek was op n tyd mooi en maer en wil baie graag weer! Help my asseblief!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Leserin
Ek kan verstaan dat jy desperaat voel. Om uit te vind of jy aan insulien weerstandigheid ly, is dit noodsaaklik dat jou dr jou vir toetse stuur. Indien jy wel daaraan ly dan moet jy asb 'n kliniese dieetkundige te raadpleeg. Besoek die Webwerf van die Assosiasie vir Dieetkunde in SA by: www.dietetics.co.za en kliek op "Private Practising" om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Gesels ook met die dr oor die moontlikheid om Xenical te gebruik aangesien jy so geweldig baie gewig moet verloor. Xenical is 'n ware 'fat-trapper' - dit verhoed dat die liggaam enige vet absorbeer en direk uit die liggaam passeer. Dit beteken dat jy die tablet saam met 'n baie-lae-vet-dieet moet gebruik. Xenical is egter duur, en dit sal help as jou dr kan reël dat jou mediese fonds daarvoor betaal.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Yollie | 2006/07/25

Hi,
Ek weet hoe julle voel ek sit nou op dieselfde vlak ek kyk net na kos dan tel ek op. As daar iemand daar buite is wat vir my raad kan gee wat help asb ek is raad op my persoonlike lewe ly daaronder dit voel asof ek nie meer seksie genoeg vir my mans is nie - al se hy daar is niks fout nie voel ek hy soek meer.

Groete
Yollie

Reply to Yollie
Posted by: Dicky | 2006/07/25

Hi,
Ek weet presies hoe jy voel.My gewigs omstandighede is dieselfde as joune.Gaan soek op die internet vir Glucofast - dis n pil wat jou insulien stelsel tekkel en "repair".
Moenie moed opgee nie, ons sal op n manier ons lyfies terug kry.

Groete
P.S Vasbyt en aanhou...

Reply to Dicky

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement