advertisement
Question
Posted by: Bee | 2005/11/24

oor kompulsiewe gedagtes raak te veel...

Liewe dokter

Ek het 'n verskriklike vrees vir vigs en dit het laas november regtig erg begin raak. Ek wil aan niks vat nie, ek was my hande gedurig deur die tot drie keer direk na mekaar. Ek wil glad nie hê mense moet naby my kom nie ek wil nie met hulle praat of aan gevat word nie. Ek het ook die neiging om aanhoudend te kyk of die deure gesluit is.

Die vraag waarby ek eintlik wil uitkom is:

Daar was 'n tyd wat ek redelik baie gekuier het en soms 3 glasies wyn en so 2 -|- tails op 'n aand sou drink. Ek wil weet of mens ooit in jou lewe so dronk kan wees dat jy nie 'n idee of herinnering kan hê of jy saam met iemand geslaap het nie, of miskien as jy dwelms gebruik het nie. My beginsels is baie hoog en ek weet ek sou nie so iets doen nie maar hierdie vreesagtige gedagtes kry my onder.

Ek het in Oktober vir 'n vigstoets gegaan en dis negatief. Dis nou 18 maande na die gekuiery.

Is so iets moontlik en kan ek aanvaar ek is negatief?

Dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Bee, ek twyfel sterk of mens so dronk kan word dat jy niks sal onthou nie. Ek dink jy kan met sekerheid aanneem dat jy negatief is. Sterkte.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement